Vrou se lyk onder matras in Limpopo-plaashuis gevind

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die liggaam van ʼn Limpopo-vrou is Maandagoggend deur haar huishulp onder ʼn matras in een van die slaapkamers van haar huis op ʼn plaas in die Haenertsburg-gebied naby Tzaneen gevind.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou se hande was agter haar rug vasgebind en haar mond met kleefband toegeplak. “Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van haar dood is nie. Daar was wonde aan haar liggaam, maar dit is nie duidelik of dit meswonde is en of dit deur ʼn ander wapen veroorsaak is nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.”

Volgens Otto is twee selfone en ʼn Isuzu-bakkie gesteel. “’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou oorval is terwyl sy [Sondagaand] besig was om televisie te kyk. Sy het alleen op die plaas, Silver Mist, gewoon.” Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die naam van die oorledene is aan Maroela Media bekend, maar kan nie bekendgemaak word voordat al haar naasbestaandes ingelig is nie.

Die vrou is die derde persoon in die provinsie wat Sondagaand tydens ʼn plaasaanval vermoor is. Die liggame van Robbie (69) en Una Lötter (64) is onderskeidelik Sondagaand en Maandagoggend op hul plaas buite Modimolle aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Hannelie ·

Hierdie gemors in ons land sal nie ophou voor ZUMA se familie nie iets oorkom, soorgelyks nie. Dit hou net nie op nie!! En ergste is daar word niks aan al hierdie sinnelose moorde op blankes gedoen nie. Miskien is dit tyd dat ons maar uit “self verdediging” optree, want skiet jy per ongeluk een dood, is jy ‘n moordenaar. Nou wonder ek net wat noem jy hierdie tipe wat mense links en regs vermoor, huise afbrand?

MM ·

Nee sjoe dit is darem nou baie erg. Hulle moor nou elke dag +- 3 boere!!!!!!!!!!!! En dit is nie vir die kaders nie ‘n problem nie!!!!!!!!!!!!!!

mart ·

Ek wil braak as ek na al die kommentaar lees!!! Almal lewer kommentaar maar niemand doen
daadwerklik iets daar aan nie. Hou op!!! en begin iets doen!!! van praat praat praat kom daar
niks van nie.

Lulu ·

Mart, wat stel jy voor? Ons voel almal so – Begin JY nou iets doen en dan volg ons almal JOU!

Justa ·

Die moorde sal maar net aanhou. Ons as Afrikaners kon nog nooit saamstaan nie. Dis belangriker om “shopping’ in die”Mall” te doen en rugby te kyk as om daadwerklik vir die regering te se ons is nou gatvol.

Dee ·

Holrug gery. Kan jy werklik aan niks oorspronklik dink nie? Net ander agterna praat.

Loggies ·

Luister.
Kry iemand met baie geld binne en buite land
skuif wit families
sit gekonsentreede klein stedelike en anti terreur groep op die been , wat opleiding het nie cowboys nie
en gaan hou piekniek

Martie ·

Dis presies my siening ook….en dis hoekom ek en my gesin nou op ons eie veiligheid gefokus is…ons is aan ons eie lot oorgelaat…en die ergste is, daar gaan nooit n burger oorlog wees nie…hulle moor ons wittes stelselmatig uit …dis net n kwessie van tyd…

Aster ·

Daar is niks wat ons kan doen nie. As ons optogte begin gaan nie die regering net vir ons lag. Hulle is in beheer nou en dis hoe dit is. Ons wittes moet ander opsies oorweeg, of jy jonk of oud is om dalk te emigreer. Om in SA te bly is uitputtend en nie lekker nie, want ons as Afrikaners word uitgemoor en van “die map” verwyder. Mens bly baklei vir jou kultuur, jou mens wees, jou regte, maar die skrif is klaar teen die muur.

Inge ·

Dis verskriklik! Maroela, julle het die plaas se naam gegee, haar naasbestandes gaan mos weet wie sy is. Elk geval, wanneer gaan hierdie moorde stop?

GES ·

Ek en my familie het ‘n tyd gelede op ‘n plaas in die omgewing vakansie gehou. Dit het my opgeval die antagonisme van sekere mmense teenoor blankes in die algemeen. Ek weet nie wat hulle pla nie maar dit is beslis nie ‘n lisensie om te moor nie.

Fanie ·

Wat van ‘n oog vir ‘n oog! Wie se oë sal dán oopgaan! Draai die situasie om. Dit kan vinnig gebeur. Hulle produseer nie vir ons land kos nie!

Judy-Anne ·

Weet nie eens hoekom julle meer berigte skryf oor almal Wat so vermoor word nie dit gebeur elke minuut van die dag Moor ons Blankes uit soos ‘n plaag!!!! Mag die Here ons genadig wees en kom haal voor hulle ons almal vermoor.

Berhalet Beukes ·

Wat jy sê is waar… Gee die mense in wit plakkerskampe werk op plase… Begin êrens om ‘n verskil te maak. Doodstraf sal nie deur ons regering terug gebring word nie en ons weet waarom. Die Here doen nie niks nie, Hy het wel ‘n presiese tyd en volgorde waarin goed gedoen word al verstaan ons dit nie. Maar, dit is wel nodig dat ons op ons knieë gaan en ons gebede met erns aan Hom opdra.

Rosa ·

Andre jy het ‘n briljante idee. Nou moet die idee net in plek gesit word. Wat van Afriforum?

Anna ·

My voorstel is dat alle belastingbetalers (maatskappye ook) vir n jaar ophou belasting betaal. Dan sal julle vinnig sien wat wors van Zuma en die gravy trein.

jennifer ·

Soms dink ek God het van ons vergeet, geen reen, plaasmoorde, werkloosheid

Goeie idee , maar ek is jammer ons blanke mense is te lui om op plase te werk.

Flippie ·

Nog iemand eie se konstituele reg op lewe deur die regering van die dat versaak is.

Flippie ·

Nog iemand se konstituele reg op lewe deur die regering van die dat versaak is.

TM ·

Ons kan begin deur te bid. Ons moet op ons kniee gaan en weer afhanklik van God word. Ons het van God vergeet en nie Hy van ons nie. Hy weet presies wat ons wil hê maar Hy wil hoor dat ons dit van Hom vra. Ek is ‘n 33 jarige man en ek is woedend en hartseer tergelyk maar ek besef hierdie is ‘n bose bo ons vermoë. Die regering sal niks doen nie want dit raak hulle nie en hulle word 24/7 beskerm. Totdat voedselsekerheid ‘n faktor raak maar dan is dit te laat. Ek onderneem om van môre af elke dag om 12 uur te bid sodat die Here vir ons die weg en uitkoms kan wys.

Gesiggie ·

Nog Een… Nog n Lewe… Nog n Plaasmoord…. waar staan ons nou al in n week se tyd… ?? meer as 29 ??? Hoeveel nog??? Wat kan of sal gedoen kan word??? Dit is of 2015 die jaar van plaas moorde is??? My vraag is: hoe lank bly al die mense al op die plaas?? en was hul dan so veilig al die jare?? maar wat het dan nou verkeerd gegaan??? Hoekom moet al die Ou mensies nou getakel word?? Ek glo nie n vrou moet alleen op n plaas bly?? maar mense heg waarde aan hul besittings… en dit is nie altyd maklik om als net so op te gee… en te trek?? Maar dit lyk my geen plaas is meer veilig?? Maybe probeer die Monsters juis al die mense op plase uitmoor om die grond te eis?? Wie weet… Ek voel so jammer vir al die mense wat moet sterf… wat als moet verloor?? Hoe lank gaan dit nog so aanhou??? Dit is so onstellend om elke dag sulke nuus te lees?? Wat het geword van n goeie storie?? Ons het genoeg Hartseer ervaar?? Ons benodig Blydskap”’ Ons Bid vir al die mense se Familie en vriende…

Martie ·

Net EEN vraag….en jy hoef nie eens intelligent te wees om dit te andwoord nie….HOEKOM WOON N VROU ALLEEN OP N PLAAS..???????? Daar is duisende wit plakkers oral in die land….gee hulle vesting op jou plaas en leer hulle hoe om self onderhoudend te wees deur hul eie groente te plant ens…in ruil daarvoor bied hy jou n mate van beskerming…die tyd is onheroeplik verby waar wiites alleen op plase kon woon….waneer gaan die wit boere dit besef….?

O Moolman ·

Mense, hier is die waarheid oor wat gebeur het…..ek bly ook op die plaas, sy het wel vrou alleen in haar huis gebly maar dit is ‘n vakansie oord waar baie mense op is en 8 van die chalets word permanent uitgehuur, die naaste huis van haar af is 10m, ons het niks gehoor nie, die honde het nie eers geblaf nie daar was geen onraad vermoed nie die persoon wat haar doodgemaak het was ‘n werker op die plaas gewees…..daar was nog nooit ‘n insident hier nie, die werker was kwaad omdat hy afgedank is, hy het daagliks dronk aangekom, plaas toerusting beskadig ensv. Hy moes gaan!! Dis jammer dat hierdie vrou (vriendin) haar lewe moes verloor deur sulke gedrag……ons is almal baie hartseer daaroor sy was ‘n wonderlike mens gewees……gelukkig het die polisie baie vinnig gereageer op inligting die die moordenaars is reeds gearresteer,
al die boere hier is besig om saam te staan en patrollies te ry, mense te deursoek wat rondloop ensv. Dis al wat mens kan doen ons hande is almal afgekap……sterkte vir al die ander boere daar buite julle moet saamstaan dis al hoe ons gaan wen…….

M ·

Seker maar weer iemand wat op haar plaas gewerk het wat presies geweet het sy bly alleen. Dis mos maar 99,9% die geval. Mens kan hierdie mense maar net nie vertrou nie want hulle praat uit oor jou doen en late en omstandighede. Hierdie mense het mos geen lojaliteit teenoor hulle werkgewers nie, so as hulle jou kan bykom sal hulle dit doen! Boikot hierdie mense, daar is meer as genoeg wit mense wat werk soek en maar te bly sal wees om ‘n werk te kan he.

Amanda Van Vuuren ·

N mens mag nie die gereg in eie hande neem nie??? absoluut disgusting!! niemand, maar niemand kan meer waag om nerens op sy/haar eie in vrede te bly nie!!

Kan die mens dan nie sien hoe die duiwel agteroor sit en tandloos smile en elke verwoestende oomblik van moord geniet nie?? Ek stem saam: Bid, bid en bid!! Mag die liewe Here intree en namens almal wat so reeds hulle lewens verloor het, skoonmaak onder die drek!

Theresa B ·

Verskriklik. So wreed. ‘n Lewe vir ‘n selfoon en bakkie…………………………..

Johannes Meintjes ·

Op die tydstip dat daar ‘n week kan omgaan sonder enige nuus oor brutale plaasmoorde en geweld teen blankes, sal ons weet dat ons self die verantwoordelikheid vir effektiewe Burgerlike Beskerming bemeester het.

wil maar net insae lewer ·

Miskien is ek negatief maar dit lyk nie of die wit plakkers rerig wil werk nie, of het ek dit verkeerd daai mense se moraal is baie laag ek voel jammer vir die kinders en vrouens maar waar begin mens iewers moet daar ‘n organisasie wees wat die wit plakkers by die boere kan laat uitkom en dat hulle die mense help om kontak te maak met die boere . Ek dink nie die witmans is sleg nie maar baie van hulle wil maar nie werk nie ek se nie almal nie maar as ek dink aan my eks man hy was maar lui en ek moes sorg vir 3 kinders deur skool sonder ‘n sent van hom af verder kon die hof hom nie eens kry om onderhoud te betaal nie en sy ma het hom gehuisves nou dat die kinders groot en grade het wil hy betrokke raak gelukkig stel sy kinders nie belang om hom te ken nie

Ja ·

Dan kry jy die wit gemors wat ook ons boere dood maak…… En dit dan soos plaasaanvalle laat probeer lyk…. So wie vertrou jy?

Milan Bye ·

Dagsê Ja

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dan neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Wanneer kommentaar dus nie onmiddellik wys nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie.

Groetnis
Milan
nms Maroela Media

lizl ·

Daar was `n tyd gelede n man wat wyd en syd op facebook geantverteer het , vir blanke plaas werkers, dink sy naam was Andre, hy verskaf behuising en `n salaris van R70 n dag. Dis baie min, ek weet, maar as jy niks het is n huis en R70 beter as niks. Wonder of daar ooit mense opgedaag het….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.