Vrou se man, jeugdige vas ná moord

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 72-jarige pensioenaris en ʼn 15-jarige jeugdige is in Limpopo hegtenis geneem op aanklag van moord.

Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Tsakane Victory Rachilingane, ʼn afgetrede verpleegster, is Donderdagaand in Nkowa Nkowa buite Tzaneen vermoor. “Die twee verdagtes het haar glo in haar huis met verskeie voorwerpe aangerand voor hulle haar met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

Volgens Ngoepe is Rachilingane se liggaam in ʼn plas bloed in ʼn toegesluite kamer in die huis aangetref. Haar hande en voete was vasgebind. “ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat dit ʼn geval van huishoudelike geweld was, maar die motief vir die moord is nog nie bekend nie.”

Die verdagtes sal Dinsdag in die Nkowa Nkowa-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anne ·

Ek het saam met Vicky gewerk – wat ‘ n liewe omgee mens was sy nie! Dis verskriklik – sy het dit nie verdien nie!

Gesiggie ·

Anne… so jammer dat dit met haar moes gebeur? dit gaan my verstand ten bowe dat n 72 jarigge man betrokke kan raak by so iets? Wat sal dan nou die oorsaak van als wees. Hoe wreed en gevoelloos moet so iemand dan nie wees… en dan die 15 jaigge seun? was dit Familie” Jammer aan die vrou se Familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.