Vrou se naakte ontbinde liggaam in plaasgebied gekry

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die ontbinde liggaam van ʼn naakte vrou is Sondag in ʼn plaasgebied in die Heidelberg-omgewing in Gauteng gevind.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die Heidelberg-polisie, het gesê die vrou se liggaam is omstreeks 14:00 in die Rooikraal-omgewing gevind.

“Veiligheidsbeamptes wat die Vodacom-toring in die omgewing oppas, het op die vrou se liggaam in ʼn oop stuk veld afgekom,” het Tshilate gesê.

Die vrou het geen identifikasie aan haar gehad nie en die polisie is besig om vas te stel wie sy is.

Sy is matig gebou, sowat 1.7m lank en het ʼn ligbruin gelaatskleur. Haar hare is vasgebind.
Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat weet van ʼn vermiste persoon wat by die beskrywing pas, om die Heidelberg-polisie by 016 341 0361/0372/0400 te skakel.

Die polisie doen in dié stadium ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sdl ·

In maart is daar ook n naakte vrou se liggaam gevind. Berig maroela 27 maart 2017. Is dit dalk n reeks moordenaar?

annatjie ·

Daar is baie meer waarvan daar nie berig word nie. Jaarliks in daardie gebied, baie gevaarlike gebied!!!!

Riette ·

Presies netso!! As ons wat die berig lees en almal dadelik tot dieselfde gevolgtrekking kan kom sonder dat ons hoogsopgeleide csi agente is…..hoop ons maar dié wat die ondersoek doen die regte mense inkry om die ondersoeke te doen!!
Dis nou as hulle beskik oor voertuie en die nodige om die ondersoek wel te kan loods!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.