Vrou se ontbinde liggaam in Bloem-gastehuis gekry

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die erg ontbinde liggaam van ʼn 40-jarige vrou is Woensdag in ʼn gastehuis in Brandwag, Bloemfontein, aangetref.

Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het een van die werkers by die gastehuis die gruvonds omstreek 18:00 gemaak weens ʼn onaangename reuk in een van die kamers.

“Sy het gaan ondersoek instel en die naakte liggaam van ʼn vrou, weggesteek onder die bed, aangetref,” het Marope gesê. “Die liggaam was reeds in ʼn gevorderde stadium van ontbinding.”

Marope het gesê voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou moontlik verwurg en verkrag is. Daar is ook vasgestel dat sy Saterdag 7 Maart omstreeks 20:00 saam met ʼn onbekende man en vrou by die gastehuis ingeboek het.

Die Parkweg-polisie ondersoek ʼn saak van moord. ʼn Bykomende saak van verkragting kan ook ondersoek word, hangende die uitkoms van ʼn nadoodse ondersoek.

Die polisie versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om speurder-ao. Khaile Mathibela by 082 526 2759 te bel.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sollie ·

Fleurdal? Dog dis in Brandwag! Ken nie Bloem so ek skryf net na aanleiding van wat in berig staan nl Brandwag. Ek hoop die gastehuiseienaar kry skoonmakers bietjie voor stok – iemand doen nie sy/haar werk nie anders is die lyk dadelik die volgende dag gekry.

Jan ·

Fleurdal is die gastehuis in Bloem waaroor vroeer berig is oor prostitusie !

Eileen ·

Nou word die kamer dan nie skoongemaak wanneer gaste vertrek nie? Ek meen seker moet daar onder die bed geveë word?

Rieks ·

Goeie genade – wanneer laas was daar onder daardie bed skoon gemaak dat hulle nou eers die liggaam vind? As daar die volgende oggend behoorlik skoon gemaak was sou die liggaam dadelik gevind gewees het en kon daar gouer iets aan die saak gedoen word.
So hartseer dat ‘n mens se lewe ook geen prys meer het nie!

Susan ·

Genade dis verskriklik !!!!!!. Hoeveel mense het al in daardie kamer op die selfde bed geslaap en nooit geweet daar le n dooie vrou onder die bed nie . Ek gril my dood. ( Dis vreeslik )
Dit lyk nie of daar iemand is wat die kamers na gaan as die skoon makers klaar is nie . Ek werk ook by n Gastehuis en hier word alles baie deeglik nagegaan elke dag na alles skoon gemaak is .
Dis baie belangrik dat iemand die kamers moet nagaan en seker maak alles is reg en skoon voor die volgende gaste inkom .

Charlene ·

Nota aan self: Moenie daar by `n gaste huis inboek nie.
en hier is ek onder die indruk hulle maak kamers daagliks skoon – of teenmiste as die gaste vertrek… Maar gaste huise is nie meer wat dit was nie. Ek slaap nie in sulke plekke nie oor vuil bedden my grootste vrees is (was).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.