Vrou se onthoofde lyk in slaapkamer aangetref

Argieffoto

Die polisie in Lulekani buite Phalaborwa in Limpopo het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn middeljarige vrou se liggaam sonder ʼn kop in haar slaapkamer aangetref is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou se liggaam is Maandagoggend deur haar familie aangetref.

“Daar word beweer dat die vrou in die vroeë oggendure van Maandag deur familielede in haar huis in die Matiko Xikaya-nedersetting aangetref is. Haar familie het onmiddellik die polisie ontbied,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe is die vrou se twee jonger broers deur die polisie ingeneem vir ondervraging, maar is die motief vir die moord steeds nie bekend nie.

Ngoepe het gesê die moontlikheid dat die vrou se dood verband hou met ʼn rituele moord kan nie uitgeskakel word nie.

“Die verdagtes in dié saak is steeds onbekend en daar is nog niemand in hegtenis geneem in verband met die moord nie. Die polisie se ondersoek duur voort,” het Ngoepe gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marietjie Cilliers ·

Enige moord op n mens is een te veel. Doodstaf moet terug gebring word of strawwe swaarder….

Robert Naude ·

2018- Afrika was nog nooit weg van sy wortels af nie….

jennefer ·

Ons gaan terug na die donker middeleeue, die Lig verdwyn, laas week is die liggaampies van die 2 albino kindertjies gevind, n sangoma is betrokke. gister is n man gevonnis wat sy broerskind laat vermoor het vir moeti. Die chinese soek leeu bene en renoster horing, praat nie van donkievelle.

Denise ·

Ek glo al die boere se families en ook al die mense wat so wreed vermoor is soek ook antwoorde !!!!!!

Lee ·

Goeie genade maar SA ruk hand uit met moorde. Daar gaan defnitief iets aan gedoen moet word en baie spoedig ook.

Liefie ·

Nee kyk teen die tempo wat mense in ons land vermoor word sal die mensdom baie vining uitgeroei word. Ons het geen oorloë of siektes van enige aard nodig om die uitwissing van die mensdom in Suid-Afrika te verseker nie.

Wonder

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.