Vrou se plek gʼn net in huis – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa sê veel meer moet gedoen word om die gaping tussen mans en vroue in die ekonomie ter verklein.

Die president sê in sy weeklikse nuusbrief vroue en jong meisies moet verseker wees van gelyke toegang tot onderwys en ʼn gelyke kans op sukses. Hulle moet die studierigting kan volg wat hulle verkies, veral op gebiede wat tradisioneel deur mans oorheers is.

Verlede jaar het meer meisies as seuns die matriekeindeksamen geslaag – en hulle het ook meer onderskeidings as hul manlike eweknieë gekry – terwyl daar tans ook meer vrouestudente by hoër onderwysinstellings geregistreer is as mans.

“Dit is wonderlike vooruitgang. Dit het egter nog nie deurslag gevind in die ekonomie, waar vroue eerder as mans werkloos is nie. Sowat die helfte van alle vroue in Suid-Afrika is werkloos.

“Gemiddeld verdien vroue ook veel minder as mans,” sê die president.

“Ons moet die idee dat ʼn vrou se plek in die huis is, oorkom.”

Hy sê daar word, selfs wanneer hulle werk, dikwels van vroue verwag om die huiswerk en kinderversorging te behartig – wat dit selfs moeiliker maak om werk te vind, ʼn ordentlike salaris te verdien, bevordering te kry of ʼn onderneming op die been te bring.

“Die ekonomiese bemagtiging van vroue is ʼn belangrike pilaar in ons stryd om geslagsgebaseerde geweld te beëindig. Ons erken dat ongelyke toegang tot hulpbronne en ekonomiese geleenthede dit moeilik maak vir vroue om te ontsnap uit die situasie van misbruik en geweld.”

Ekonomiese mag moet ook na vroue oorgedra word en in Suid-Afrika word dit onder meer gedoen deur 40% van alle openbare verkryging vir ondernemings in vrouebesit te oormerk. Om hierdie doelwit te behaal gee die regering opleiding aan vroue-entrepreneurs sodat hulle kan tender vir staatskontrakte en die goedere en dienste wat die regering benodig suksesvol kan lewer. Volgens die president is meer as 6 000 vroue al só opgelei.

Selfs meer geleenthede, ook in die breër ekonomie, moet egter vir vroue oopgestel word, sê Ramaphosa. Geleenthede in verskeie bedrywe is boonop reeds spesifiek vir vroue geskep. Dit sluit in ooreenkomste met vroueboere om groot kleinhandelaars te voorsien van enigiets van gedroogte rissies tot hoenderprodukte.

ʼn Nuwe tekstielvervaardigingsaanleg wat deur swart vroue besit word, is verlede jaar ook met die steun van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie op die been gebring en vier motorhandelaars in die besit van swart vroue is ook verlede jaar bekend gestel.

Die korporasie het sowat R9 miljard opsygesit spesifiek vir belegging in ondernemings wat deur vroue besit word.

“Terwyl ons sakegeleenthede ontwikkel, moet ons verseker dat mans en vroue dieselfde betaal word vir werk van dieselfde waarde. Vroue word gemiddeld minder as mans wat dieselfde werk doen, betaal. Dit moet dus ʼn prioriteit vir alle maatskaplike vennote, veral die regering, sakesektor en vakbonde wees om ʼn einde aan die betalingsgaping te bring indien ons ʼn gelyke en regverdige samelewing tot stand wil bring,” sê Ramaphosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cornrit ·

Hy het n goeie punt, maar al hierdie veklarings en stellings deur Mnr Rhamsphosa beteken niks. Hy boesem geen vertroue meer in by die publiek nie, want Phala Phala gaan soos n
meulsteen om sy nek hang. Nou des te meer, want die Reserwebank kry geen bewyse dat daardie skelm geld verklaar is nie. Hoe kan so n persoon die land ly?.

domheks ·

“”indien ons ʼn gelyke en regverdige samelewing tot stand wil bring,” sê Ramaphosa.””
Jy vergeet om te se wat die velkleur moet wees…

Nettie ·

Hy noem vroue moet ekonomies bemagtig word, en dan word voorbeelde genoem van waar swart vrouens gehelp is. Dus is hierdie niks anders as swart bemagtiging of BEE nie.

Julle gee dus niks om vir VROUE nie, vir julle gaan dit slegs oor RAS.

Johann ·

Hy bedoel seker “women of my people matter”? Want anders LIEG hy bloot voort soos van hom verwag word. Niks anders as desperate stem werwery deur n bankrot korrupte ANC.

annie ·

Van die vroue wat Ramaphosa in top-poste in sy regering aangestel het en oor en oor weer aanstel laat veel te wense oor. Miskien is hy hieroor ook nie heeltemal eerlik nie en gebruik vroue net as stemvee en onderdaniges wat na flikvlooi klei in sy hande is.

Papsak ·

Ja net jamner is vir our people se vrouens nie vir ons nie hy sal nie moeite dien vir ons vroue nie so jamner !!!!!!!

Elizabeth ·

Dis waar maar komende van Ramaphosa pure lippetaal. Preek heeldag en aldag oor geslagsgebaseerde geweld????maar nie ñ greintjie vordering word gemaak.

kolonel ·

Ons moet meer DOEN en minder PRAAT.

Fix die krag Cyril – terwyl daar nog ‘n ekonomie is om van te praat.

VaalDonkie ·

Nkosazana Dlamini-Zuma is dan President van Suid-Afrika. Hoeveel bemagtiging het vroue nog nodig?

Riaan ·

Ag ok Cyril. My vrou kan maar van volgende week in die tuin ook werk as sy wil

Eugene ·

N’ vrou se plek is in die kombuis. Ook huis skoonmaak klere was, stryk, kos maak. Ramp-phosa praat nie van velkleur nie, maar ons weet van beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.