Vrou se raaiseldood by vakansieoord ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong vrou het Saterdag by ʼn vakansieoord in Margate, KwaZulu-Natal gesterf nadat sy glo die vorige dag byna verdrink het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het die vrou (19) in haar bed by die vakansieoord gevind. Sy was reeds dood.

“Na bewering het die vrou gister [Vrydag] byna verdrink toe sy by die oord geswem het, maar is sy betyds uit die water gehaal. Sy het besluit om nie mediese behandeling te kry na die voorval nie,” het Mathe gesê.

Dit is nie duidelik wat uiteindelik die vrou se dood veroorsaak het nie, maar dit sal deel vorm van ʼn polisieondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bets ·

Sy vrou het heelmoontlik van sekondere verdrinking gesterf! Dit is as daar wel nog water in die longe agterbly na die redding! Dit is waarom dit noodsaaklik is om mediese hulp te kry na enige verdrinkings episode

se net ·

Dry drowning which happen after a drowning or near drowning episode which is unattended. Sad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.