Vrou se raaiseldood ondersoek na huis afbrand

Foto: ER24

Foto: ER24

Paramedici het ʼn skokkende ontdekking gemaak toe hulle Dinsdagaand na ʼn informele nedersetting naby Fochville ontbied is waar ʼn vrou se liggaam uit haar brandende huis gesleep is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms by die Kokosi- informele nedersetting het hulle ʼn vrou aangetref waar sy op haar huis se stoep gelê het. Van die inwoners het haar glo uit haar brandende huis gesleep en tevergeefs probeer om die brand met emmers water en sand te blus. Kort daarna het brandbestryders opgedaag en die vlamme geblus.

“Paramedici het die vrou ondersoek en gevind dat sy aan haar veelvuldige beserings beswyk het. Die vrou het erge brandwonde opgedoen, maar het ook verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad,” het Meiring gesê. “Daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar.”

Konst. Elsie Tshonte, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê sake van moord en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.