Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms by die Kokosi- informele nedersetting het hulle ʼn vrou aangetref waar sy op haar huis se stoep gelê het. Van die inwoners het haar glo uit haar brandende huis gesleep en tevergeefs probeer om die brand met emmers water en sand te blus. Kort daarna het brandbestryders opgedaag en die vlamme geblus.
“Paramedici het die vrou ondersoek en gevind dat sy aan haar veelvuldige beserings beswyk het. Die vrou het erge brandwonde opgedoen, maar het ook verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad,” het Meiring gesê. “Daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar.”
Konst. Elsie Tshonte, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê sake van moord en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.