Vrou se tone afgekap tydens Ermelo-aanval

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Vrou se tone is afgekap nadat sy en haar man Vrydagaand in Ermelo, Mpumalanga, aangeval is.

Louis Geldenhuys, woordvoerder van die buurtwag, het aan Maroela Media gesê die egpaar het omstreeks 22:00 na ʼn nabygeleë kafee in ʼn stil buurt gestap toe ʼn motor langs die paartjie verbygery het. Die bestuurder van die motor het omgedraai en by die paartjie stilgehou.

“Drie mans het uitgeklim en die 55-jarige man met ʼn vuurwapen gedreig,” het Geldenhuys verduidelik. “Run or we will kill you,” het die aanvallers glo vir die man gesê.

Die man wou die aanvaller afweer en is in sy been geskiet. Hy het op die toneel inmekaargesak.

“Die mans het intussen die vrou in die motor gedwing en met haar weggery,” het Geldenhuys bygevoeg. “Die buurtwag is dadelik in kennis gestel en lede van die buurtwag het op afgeleë plekke begin soek. Een van die lede het ongeveer 2 km uit die dorp, op ʼn grondpad op pad na die informele nedersetting, op haar afgekom. Sy het langs die gras gelê.”

Die vrou was ernstig beseer en die polisie en paramedici is dadelik ontbied.

Agt van haar tone is afgekap en sy het ʼn skedelfraktuur opgedoen.

Geldenhuys het gesê hy was vanoggend omstreeks 05:45 by die hospitaal en die vrou het in daardie stadium pas uit die teater gekom. “Dit was dus ʼn baie lang operasie.”

Hy het gesê die man is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Die egpaar se kinders is reeds op pad na Ermelo om hul ouers by te staan.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek,” het hy gesê. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Hlathi het gesê die polisie spreek sy waardering uit vir die hulp van die buurtwag en dat lede van die buurtwag so vinnig reageer en gehelp het om die vrou op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

zoom zoom ·

Was daar al enige minster wat die mense gaan besoek het. Pf was daar al.iemand van ‘n party daar om te hoor van hulp wat hulle kan gee of is dit ‘n kleuraangeleentheid. Nou vra ek is Trump nie reg met dit wat hy gesê het van $$$$hole country??

PJC ·

Onder hierdie toestande wat tans in ons land heers moet ń mens selfs gewapen na die kerk gaan. Daar bestaan nie meer iets soos ń veilige area of omgewing nie.

Linda Gouws ·

Dis afgryslik! Hoe kan ‘n mens so ‘n afskuwelike daad aan enige iemand anders doen? Dis verskriklik! En ek stem saam met die kommentaar hierbo.

Ada ·

Trump is reg met sy beskrywing van ons.
Hoop die vrou herstel ten volle en dat Liewe Jesus hulle hierdeur sal dra.

LB S ·

Plaas hy ons Whiteys dan maar kom red uit hierdie sh***t***e, siende dat ons so ver in die minderheid en ‘n bedreigde spesie hier in SA geword het.

Pieter ·

Al is dit skokkend, dankie aan julle by Maroela wat ons inlig. Media van wie mens beter verwag, soos Kyknet (ek verwys veral na hul fokus op blankes wat misstappe begaan) ignoreer dit in hul nuusprogramme. Ek sal kyk of daar enige dekking hiervan gaan wees in vanaand se nuus. Waarskynlik nie. Maar laat ‘n wit persoon net iets verkeer sê, en dit is nuuswaardig. Plaasmoorde / aanvalle op blankes is nie eitlik vir hulle nuus nie.

Valerie ·

Flip Sander: Jy is reg, maar op elke kamtige radiostatsie en TV kanaaltjie moes mense na die volgende president van die hellhole se leuens luister. Wanneer die massas geindoktrineer is, swart, blank, of wat ook al, is die skrif al lankal teen die muur. Die manne met die fris arms en lelike honde kan maar ‘n kramp kry, maar beide my kinders het reeds aansoek gedoen in ander lande. En ek sal my laaste paar skoene opveil om hulle te help wegkom.

Hoe gebreinspoel is Suid-Afrikaners dat sulke gruweldade nie eers bo ‘n vooruitgeskrewe spul leuens aandag ontvang nie? En hoeveel mense is in die afgelope twee weke alleen gedood of ernstig beseer deur rotse wat van bruê af vlieg (so by hulself?)

Chris Ws ·

Dis so onnodig!As blankes net wil begin koerante lees en tot die besef kom hulle bly nie meer in feetjie land nie!Ek wens ek kon weet hoe om te werk te gaan om mense se ogies oop te kry vir die werklikheid.Dis vir my skokkend om te sien hoe gemaklik mense leef sonder om paraat te wees.Die feit is ons bly in ‘n land waar kriminele aan die bestuur is.

Bly geskok ·

Stem saam jou Chris.
Ek kan nie vir jou sê hvl mense wat ek ken het glad nie diefwering.

My buurvrou is daagliks alleen tuis en los haar safety hek oop met die huis se sleutels binne die hek

Die bure oorkant ons het geen safety hek en hul deur staan op tot laat aand (hul het 2 klein kindertjies)

Laat my hare reg op staan want as ek dit raak sien sien kriminele dit ook raak…

Mense leef in hul eie “bubbles” en soos jy genoem het besef nie SA is nie feetjieland. Rather safe then sorry…

CE ·

Hoe kan niemand niks sê nie. Winkels word geplunder en dis oral oor die nuus hoe verkeerd die winkelgroep opgetree het. Hier word ‘n wit vrou gemartel, maar die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord wat van ontvoering?

Drikus ·

Muti? Dit is pure wreedheid. Waar is die politici? Waarom het hulle nog nie stanpunt ingeneem nie? Waarom is die gemeenskap nie verenig in hul protes daarteen nie?

Francois ·

Geen woord op tv oor die voorval nie. Is die anc dalk skaam oor die optrede van die aanvallers ?

Estelle Visagie ·

Dit was nou wel nie hoofnuus vanaand nie, maar daar is melding gemaak daarvan op die nuusflitse heel onderaan. Ek voel skoon naar as ek dink waardeur die arme vrou moet gaan. Hoop hulle het haar tone gekry en kon dit suksesvol heg.

Melanie ·

Musi Maimane rek sy bek onmiddelik as blankes anderskleuriges aanrand of selfs net met woorde toesnou. Maar hy swyg soos die graf as die skoen op die ander voet is. Kyk maar 2019 hoe stormloop die blankes om DA te stem.

LB S ·

Melanie, nou hoe dink jy wat moet die blankes doen, mmmm? Om vir een van die kleiner partye te stem gaan net mooi niks help nie! Kry ‘n sterk opposisie, om ten minste die ANC te kan beveg in die Parlement en met al die onheilige dinge wat hulle aanvang.
Dit is so jammer dat meeste Afrikaners dit net nie kan begryp nie.

Boerseun ·

Melanie ek stem saam. Almal kla, maar dan stem hul weer vir die Joods-beheerde Boerehaterparty, die DA! Die Afrikaners is soos skape wat (deur die DA) na die slagpale gelei word.

Nita ·

Eens die land van sonskyn, braaivleis en Chevrolet. Nou is dit barbarisme, roof en moord.

Theresa ·

Land van hitte sonder water, besmette vleis en gekaapte voertuie.
Laat mens dink, nê.
Daarby nog die martelings, moorde, verkragtings, rooftogte, plundering en media vryheid net vir sommiges.
Die somtotaal van hierdie dinge laat rillings langs mens se rug afgly.

Flip Sadler ·

Stem 100 % saam met jou oor Kyknet, daar was wel n berig onderaan oor vrou in Ermelo vingers en tone afgekap en dis al. Ek is al so die duiwel in oor die beriggewing op Afr. nuus want hul berig meer oor liberale nuus , ek kyk nou al meer na kanaal 404

Ronél ·

Nee liewe hemel!!! Waar gaan dit heen?! Pure boosheid, niks anders nie. Hoe kan enigeen so iets aan ‘n ander doen? Roof, moord, doodslag en plunder is aan die orde van die dag in SA. Indien dit só vroeg in die jaar al so gaan, wil ek nie weet dit gaan eindig.

Dafer ·

Lande soos Amerika en Engeland kan nie sommer net so kom in ons land in om ons kwansuis te kom help nie. Ons moet duidelik nood he en veg om daaruit te kom – Dan eers sal hulle ons miskien kan kom help.

Nel ·

Die VN? Ag asseblief…. Hulle is net so oneffektief soos wat Trump nou onlangs beweer het toe hy hulle ‘n sosiale klub genoem het wat dan en wan bymekaar kom om te klets en te eet.

Johanna Botha ·

Dalk n beloning offer sodat die mense gevang kan word

Adrie Hoffmann ·

Verseker gaan dit nie die hoof nuus haal nie – daar was nie n doodskis by betrokke nie ? baie sterkte aan die familie

Kellies ·

Ek wonder hoekom word hier nie ook n groot beloning aangebied soos in die geval met die worshond nie? Gee die DBV meer om as die regering??

Andre ·

LB S, wil jy voorgee die DA is sterk opposisie. Hulle is maar net n vertakking van die ANC.

Alida ·

LB.S ons mense is hardkoppig. Dis beter om vir die DA te stem as gladnie. Hulle is die sterkste party om die ANC uit te kry. Jy mors jou asem met die afrikaners.

susan ·

Die DA in my dorp word net meer en meer welvarent duur motors nuwe huise en nog niks op aarde aan plaasmoorde gedoen nie soek mense wie se hondtjie wegraak en dan is hulle die hero van die dorp? Wel in my dorp beteken hulle niks moontlik ander plekke?

Chrisjan ·

Dit help nie om te argumenteer or politieke partye nie! Ons moet besef dat daar ‘n geweldige intense haat teenoor wit mense in die land heers. Die mate van geweldadigheid in meeste van hierdie gevalle asook dit van die plaasaanvalle is ‘n duidelike bewys daarvan. Dan word daar ook daagliks in ons media berig gedoen van sekere politieke leiers wat dit nog meer aanhits en aanblaas. Die aanhitsing gebeur ook by alle saamkomste van hierdie spesifieke partye. Ons moet besef dat hierdie nuwe demokrasie en reenboognasie van ons maar net n verwarde illusie is en ons in ‘n uiters gevaarlike land leef. Ons sal moet meer pro-aktief wees oor ons eie en ons families se veiligheid. Mense, word asb wakker en besef die omvang van die situasie in hierdie land. Dis nie ‘n land van melk en heuning nie! Wees voorbereid en nugter oor wat om julle aangaan. Geen politieke party gaan die situasie verander as daar op ‘n daaglikse basis haatspraak geuiter word deur politieke leiers nie. Ons is in GROOT moeilikheid in hierdie land!!

Petro ·

Daar moet ook n saak van liggaamskending gemaak word. Gaan die regering hulle ook betaal vir emosionele trauma wat hulle na so n wrede voorval moet deurmaak.

cassie ·

Die vrou van Ermelo se man word in die been geskiet en hy sak inmekaar maar hy word nie doodgeskiet om hom te verhinder om die aanvallers uit te ken nie.Die vrou word erg vermink.My opinie is dat sy vir dood agtergelaat is.Was dit beplan.Hoekom loop hulle kafee toe daardie tyd van die aand.As dit dan ‘n stil buurt is waar kom die aanvallers vandaan.Ek vra maar net

Elma ·

Hoekom alleen so laat in die aand rondloop!!! Dis mos moeilikheid soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.