Vrou, seuns vas ná man se dood

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Ses-en-sestigjarige man se vrou en sy twee seuns is in verband met sy dood in hegtenis geneem.

Samson Hlungwani is op Oujaarsdag in die Tiyani-streek in Limpopo vermoor, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

“Sy vrou en twee seuns het hom glo van heksery beskuldig waarna hy verwurg is.”

Volgens Mojapelo is die polisie na ʼn huis in Tiyani ontbied waar Hlungwani se liggaam in een van die kamers gevind is.

Hlungwani se 62-jarige vrou en sy twee seuns, 35 en 43 jaar oud, is kort daarna in hegtenis geneem. Hulle sal Donderdag in die Tiyani-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.