‘n Vrou is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die huurmoord op haar skoonma.
Regter Nompumelelo Hadebe het beslis dat Lillian Phebome Pearce (41) verantwoordelik was vir die dood van haar skoonma, Sindile Alphina Pearce (64).
Lillian het Mvikelwa Khanyile (29) gehuur om die moord te pleeg. Hy is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Hadebe het beslis dat die verswarende faktore in die saak die omstandighede wat haar toelaat om af te wyk van die voorgestelde lewenslange vonnis, oorskry het.
Die staat het aangevoer dat Lillian die huurmoord op haar skoonma gereël het aangesien sy geglo het dat haar skoonma verdeeldheid tussen haar en haar man veroorsaak.
Sindile Pearce is in April 2011 deur haar huis se venster doodgeskiet.
Eish!!!
Laat dit ‘n les wees ………………..Vir alle Skoonma’s