Vrou sit lank na huurmoord op skoonma

court-hammer_thumb‘n Vrou is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die huurmoord op haar skoonma.

Regter Nompumelelo Hadebe het beslis dat Lillian Phebome Pearce (41) verantwoordelik was vir die dood van haar skoonma, Sindile Alphina Pearce (64).
Lillian het Mvikelwa Khanyile (29) gehuur om die moord te pleeg. Hy is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Hadebe het beslis dat die verswarende faktore in die saak die omstandighede wat haar toelaat om af te wyk van die voorgestelde lewenslange vonnis, oorskry het.

Die staat het aangevoer dat Lillian die huurmoord op haar skoonma gereël het aangesien sy geglo het dat haar skoonma verdeeldheid tussen haar en haar man veroorsaak.

Sindile Pearce is in April 2011 deur haar huis se venster doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MartinLJ ·

Laat dit ‘n les wees ………………..Vir alle Skoonma’s

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.