Vrou sit lank oor ontvoering

Perfect Gift Msesiwe is herenig met haar gesin nadat sy ontvoer is. Sy is by haar ma Zolelwa, pa Siyabonga en haar ouer sussie Sinovuyo Foto: Mark Andrews, Dispatch Live

Perfect Gift Msesiwe is herenig met haar gesin nadat sy ontvoer is. Sy is by haar ma Zolelwa, pa Siyabonga en haar ouer sussie Sinovuyo Foto: Mark Andrews, Dispatch Live

ʼn Vrou van Mosambiek wat ʼn driejarige kind naby Oos-Londen ontvoer het, en weke lank voortvlugtig was nadat sy skuld beken het, is Dinsdag in die Mdantsane-streekshof gevonnis.

Sindisiwe Cresentia Alberto Ntsokana (32) is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy Perfect Gift Msesiwe op 3 Augustus uit haar huis in Mdantsane ontvoer het.

Perfect se ouers het Ntsokana gehuur om na haar om te sien. Sy het met die kind gevlug en R500 000 losprysgeld geëis. Ntsokana is op 4 September in hegtenis geneem en ondervra en Perfect is op 7 September in Mosambiek gevind.

Ntsokana het in haar pleitverduideliking erken sy het onwettig opgetree. Nadat sy die kind oor die grens na Mosambiek geneem het, het sy haar tannie gevra om na die dogtertjie om te sien, en gesê dit is haar kêrel se kind.

Sy het ook beken sy het “doelbewus vrees by die kind se ma ingeboesem”.

Sy is tot drie maande tronkstraf gevonnis omdat sy onwettig die land betree het, vyf jaar vir uitbuiting en 15 jaar tronkstraf vir ontvoering. Die vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie.

Lees meer: Dispatch Live

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paplepel ·

“nadat sy skuld bekend het”? Liewers “nadat sy skuld beken het”. Maak meer sin.

Sune van Heerden ·

Dagsê Paplepel

Dankie, die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marius du Preez ·

Lyk my moord is ‘n minder ernstige misdaad as ontvoering….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.