Vrou sit sommer self sewe diewe agterna

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vroulike drankwinkeleienaar het ʼn bende van sewe mans agternagesit nadat hulle glo haar winkel in Orkney, Noordwes, beroof het.

“ʼn 31-jarige man is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem,” het Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Hy was deel van ʼn groep van sewe mans wat die winkel Saterdagmiddag betree het en die eienaar en twee klante met ʼn vuurwapen gedreig het.”

Sy het gesê die groep het die drie vroue met ʼn kabel vasgebind en drank en kontant gesteel. Hulle het in ʼn donkkerrooikleurige Ford Tracer sonder nommerplate van die toneel gevlug.

“Die eienaar kon haarself bevry en het die verdagtes agternagesit,” het Moleko bygevoeg. “Sy het drie skote in hul rigting gevuur met haar eie vuurwapen. Die bestuurder het beheer verloor oor die motor en het ʼn muur getref. Die res van die groep het weggehardloop.”

Die man sal na verwagting Maandag in die Orkney-landdroshof verskyn.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

tish ·

Give her a double Bells! Adrenalien het oorgeneem. Soms n fatale keuse, soms n uitstekende keuse.
hoop hul word gou vasgetrek.

Hannelie ·

Ja, jy is reg! Dit is soms fataal, maar ek is trots op hierdie vrou wat aksie geneem het en gesorg het dat ten minste een nie wegkom met sy misdadige gewoontes nie!!!

Leeutjie ·

Se ek ook Tish. Ek wonder of sy holsters dra! Ek het nogal ‘n koddige prentjie in my kop oor die voorval…hahiehaaa en daar trek die spul en jaag in ‘n muur vas. Go for it girl! Ek moet byvoeg dis nogal ‘n gevaarlike ding wat sy gedoen het.

Christine ·

Haal my hoed af v di dapper dame!! Welldone vir jou moed en bravade!!! Hulle is sulke bladdy lafhartige goed, jaag hul skrik op di lyf en hul vlug!! Bly v di een wat sy met bakki en al in muur ingejaag ht!!! Gee haar n bells uit haar eie bottelstoor!!!

Cindy ·

Mooi… laat dit vir hulle les wees… Moenie met kwaai vrou sukkel nie… love it…..

Peet Schabort ·

Hoop nie hulle het seergekry.
Klink dit nou beter vir plasing?

Moeggepraat ·

Dit is die beste nuus wat ek die hele jaar gelees het. Ek kyk op na jou Mevrou!

Dorette ·

Hell has no fury like a woman scorned. Ek sou selle doen. Daarom is my droom n hell of n bakkie, so n regte Texas ene met trekker size bande. Ek rol bo oor hulle!!!!

Lena ·

Ek haal my hoed vir jou af, ek is bly jy het nie seer gekry nie. Mens hoor elke dag van soortgelyke situasies waar mense dood geskiet is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.