Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die swanger vrou was deel van ʼn toergroep wat Vrydagmiddag die grotte besigtig het. “Terwyl die toer aan die gang was, het die vrou ʼn skerp pyn in haar buik gekry.”
Volgens Rossouw het die vrou in die grotte in kraam gegaan en is paramedici ontbied. “Toe paramedici op die toneel opdaag, was die babadogtertjie reeds gebore.” Rossouw het gesê ʼn noodhulpkenner wat by die grotte werk in geval van nood het die baba in die lewe ingebring.
Rossouw het gesê die babadogtertjie is sowat twee maande te vroeg gebore, maar dat sy in goeie gesondheid is. Die vrou en baba is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
En daar vermeerde die gesin sommer so met die besigtigingstoer saam. Wonder of daai klein meisiekind nou ‘n grotbewoner genoem kan word!
grot bewoner
Ant, doen bietjie moeite met jou taalkennis (of gaan jy my nou vertel dat dit taal kennis is?). Een begrip een woord. ‘Grotbewoner’. As jy nie jou eie taal ken nie behoort jy nie kritiek te waag nie.
Was dit nie ook in Sterkfontein waar die spesie naaste aan ons menseras ontdek was nie?
Solank n grotman nie die baba aan die hare uitgesleep het nie….
…of die ma ingesleep het nie.
Lesufi sal moet ondersoek instel want daar is té veel wittes op die foto.
Dalk kan hy ook ‘n ekstra toegangskaartjie eis wat die kind nou moet betaal.
Hey Pete. (Peet) why are you so quite lately. Missing your sense of humor. Antonio, Texas, in the USA. Mooi bly ou maat en bou maar geduldig saam aan ons, mooi land, Suid-Afrika, ek kom julle kuier met al my Amerikaanse vriende. Hou die drank en braai vlies reg, ou maat.
Ag ou kaptein alweer jy… leer spel tog in Engels en Afrikaans asb
Ou Kêppie, snaaks jy is nie offended deur Peet se aanmerking oor “te veel wittes” op die foto. Jy kan mos so gou jou speelgoed uit jou “cot” gooi oor sulke goed! Baie geluk aan die ma en baba, julle het laaang stories om te vertel oor haar aankoms!
Antonio, onthou om die regte vlag saam te bring anders gaan SA jou nie toelaat. Land ook op Waterkloof vir VIP-behandeling en vir ‘n ‘quick get away’ indien nodig.
Oppas ook vir die leeu in die Karoo en ‘smash and grabs’ in die stede. Ry ook maar mooi in ‘n vliegtuig en nie die ‘under carriage’. He he he he !!!!
Hoop jy verstaan my ‘jokes’ reg.
A normal day in SA is when something goes wrong.
An abnormal day is when nothing goes wrong.
Bring some Bison meat and a TEXAN HAT !!!!!
Wat sou haar naam wees? Hominida? MISS PLESS dalk?? Wel sy het beslis ‘n storie om eendag te vertel oor HAAR geboorteplek! Beste wense aan ma en baba!
Elizabeth, toe die mamma haar seuntjie uitvra oor sy eerste dag op skool vertel hy dat toe die juffrou vra waar hy gebore is het hy gesê op die rugbyveld. Nou waarom Jannie?
Omdat as hy gesê het in die hospitaal sou die ander kinders gedink het hy is ‘n sissie.
Dave…jy laat mens altyd lag; ai dis tog lekker! Meeste berigte gaan oor moord, korrupsie, dwelmmisbruik, aanrandings en wat- nie- nog misdaad nie, so dis lekekr as mense so bietjie toor met woorde en mens laat lag!
Ai en weereens is ek disleksies of iets – dit moet natuurlik “LEKKER” wees en nie “lekekr” nie! Ek is bewus van my gereelde vingerfoute – die brein en vingers is nie altyd heeltemal in pas nie :D!
Ek wens ook meer as een keer hier was ‘n edit-fasiliteit! (of dat die webmeester dit regmaak)
Skerp Eliza-beth – baie skerp! Na aanleiding van Mrs Ples, die oudste hominid wat in Sterkfontein grotte gevind is is altwee name heel gepas!
En Elfie, vir ingeval dit nuus is vir jou, Miss Pless is die stammoeder van die Du Plessis stamboom.
En Dave omdat jy daarvan weet was die (du Plessis)-pa dalk in jou familie ?
Net so Peet, dit was mý (oer)oupa!
Groet die Grotman, deur hannes muller