Vrou skiet glo man ná rusie

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 61-jarige vrou van Mosselbaai is in hegtenis geneem nadat sy glo haar man, Joachim du Plessis, doodgeskiet het.

Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê die egpaar het glo Donderdagaand stry gekry in hul huis in Heiderand. Die vrou het glo hierna ‘n .38-rewolwer, wat in haar naam geregistreer is, gevat en haar man in die bors geskiet. Hy is op die toneel dood.

Volgens Steyn het ʼn 25-jarige vrou, glo die egpaar se dogter, op die tweede verdieping van die huis in haar kamer geslaap toe sy die skoot gehoor en die bure ontbied het. Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en sal Maandag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wally ·

Ai!! Probleme word mos nie SO opgelos nie – dit skep mos maar net GROTER probleme!!

Dave ·

Wilde raaiskote! Wat op aarde laat jou dink dat daar probleme was?

Maronel ·

Dave. Ek glo nie sy het hom uit liefde doodgeskiet nie. Jy gaan mos nie stry as jy nie n probleem (e) het nie…

Maronel ·

Dit was beslis nie n liefdesdaad Dave. Jy stry mos nie as daar nie probleme is nie

Chris ·

Maronel…..dit kan asgevolg van n liefdesdaad wees…..beslis nie met mekaar nie !!

Dave ·

Jy’t my oortuig Maronel. Maar Chris noem nou net miskien die ander kant van die muntstuk!

Gerhard Bezuidenhout ·

Skokkend. Hoekom het die ou vrou dan maar nie liewer die pad gevat en gewaai nie .

Neptunus ·

Gegewe jou ekstra inligting klink dit of jy dalk die mense ken. Moet liefs nie met die vrou swaarde (of rewolwers of koekrollers) kruis of haar selfs berispe as sy nie stop by kruisings nie. As sy borg kry kan sy dalk ontsteld wees oor hierdie verwagtinge van jou sodra sy daarvan lees.

Daar is nie donker tronke in ons land nie – hulle het almal kragopwekkers en die bewaarders hou die sleutel by hulle.

Hoe kan ons in elk geval sê sy verdien nie om te lewe nie? As sy haar lewe lank, tot op die gevorderde ouderdom van 61 niemand geskiet het nie, waarom sal sy nou skielik tot so drastiese stap oorgaan? En dit teenoor haar man? Hier moes iets erg gebeur het wat haar laat knak het. Ek wed ons gaan seker nou van die oorledene se vriende of kollegas hoor hy was die gaafste, ordentlikste man en boonop vir dekades op die kerkraad ook.

Kobus ·

Nee hy was nie op die kerkraad nie en ook nie onskuldig nie al wat ek probeer se in plaas van grappe maak oor dit dink aan die mense wat agterbly dink aan die pa wat nie sy kleinkinders gan sien nie ,dink aan die kinders wat gan vra waar is sy oupa….. dit is die probleem met ons land en sy mense ons kies kante voor ons die feite weet en maak dan grappe daaroor sonder om te dink dat die mense oor wie daar grappe gemaak word dalk betrokke kan wees….. dit is baie erg wat daar gebeer het en wie weet hoekom…. maar moord bly moord en volgens my of jy 20 jaar oud is of 61 verdien jy nie om te lewe nie…. dit is maar my opinie …..

Neptunus ·

Kobus, jy is geregtig op jou opinie. As ek aan al die (geldige) dinge moet dink wat jy hier noem sal ek van my kop af raak. Ons Suid-Afrikaners het egter maar ‘n manier om met galgehumor na sekere goed te kyk, nie waar nie? Wat ek ook nou al dink, of hoe jammer ek ook al voel, gaan geen verskil maak nie.

As hierdie wel ‘n geval was waar die vrou mishandel was, laat dit ‘n waarskuwing aan mans wees wat hul vroue onderwerp aan emosionele uitmergeling en fisieke geweld. Baie vroue werk nie, maar bestuur die huishouding en dan verander finansiële afhanklikheid later in finansiële onderdanigheid. Of dit nou hier gebeur het of nie, dis ‘n feit.

Let wel, ek sê nie vroue mag hul mans lukraak doodmaak en skotvry afkom nie, maar dis versagtende omstandighede wat baie swaar gaan weeg.

Petro ·

Ek wil ook net kommentaar lewer op alles wat hier gese is.Niemand weet wat daar gebeur het nie so eintlik kan julle nie kommentaar lewer nie.Julle weet nie van 4 jaar wat in daai huis gesukkel is met dwelms wat daai 61 jarigevrou vir haar kind in die huis gebring het ,nie julle weet nie van hoe sy haar kind gehelp het om die meubels in daai huis te steel en te verkoop om geld te kry vir dwelms nie. So moet nie oordeel as julle nie die feite ken nie. Daar was nie n liefdes driehoek of wat ook al nie dit het alles oor dwelms gegaan

Petro ·

Ek wil net ook kommentaar lewer oor wat hierbo gese word. Niemand van ons was daar toe dit gebeur het nie ek wil net se daar was dwelms betrokke by die vrou se dogter wat nou as die onskuldige party voorkom. Julle weet nie van die gesteelery leuns wat in daai huis vertel is net om vir haar dogter te help met haar dwelms . Julle weet ook nie van hoeveel keer daar geprobeer is om die kind van dit aftekry deur daai man wat nou dood is nie. Alles gaan nie altyd oor mishandeling of liefdes driehoeke of wat ook al nie. So in die vervolg kry eers julle feite reg voor julle oordeel. Ongelukkig vir julle wat glo sy is onskuldig sy is nie so onskildige soos sy lyk nie

Tania ·

Petro ek sal baie, baie kwaad wees vir jou as jy my persoonlike besigheid so in die publiek uitgooi!

petro ·

Tania dit is al manier om die skinder bekke te antwoord met die ware feite hulle maak nou asof die man n monster is omdat hulle nie weet wat die ware toedrag was nie nou weet hulle die waarheid en sal daai gesin nie meer met woorde uitmekaar trek nie veral Neptunus wat rerig nie n goeie woord vir iemand het nie

Dave ·

Petro, die eerste wat iets ligsinnigs gesê het was ek en ek is jammer daaroor. Maar soos Neptunus die Suid Afrikaners se houding mbt galgehumor verduidelik, so is dit wel en dit dikwels is dit om die reënboog na die reën uit te wys. Om die erns ietwat ligter te maak. Dit is duidelik dat jy die betrokke mense ken maar jou onnodige aanval op Neptunus is onredelik. Ek deel nie jou opinie daaroor nie en waarskynlik is dit nie ‘n algemene mening nie.

Engeltjie ·

Ons was nie in haar /hulle skoene nie – so basta met die ligsinnighede.
Sterkte aan almal betrokke veral die 25 jarige dogter!

petro ·

As jy nie weet wat daaraan gegaan het nie moet nie kommentaar lewer daaroor nie. Die 25 jarige dogter is die oorsaak van daai ellende in daai huis gewees so moet nie dinge kwyt raak wasrvan jy niks weet nie

pop ·

As dit waar is oor die dogter en ma, voorspel ek dat hulle binne n jaar in ieder geval in die sloot gaan wees. Ma’ s moet besef hulle help kinders in die afgrond in deur hulle te help dwelms bekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.