Vrou skiet haarself glo per ongeluk

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn 41-jarige vrou is in ʼn hospitaal in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal opgeneem nadat sy haarself glo per ongeluk in die maag geskiet het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Saterdag omstreeks 18:30 na ʼn huis in Chasedeneweg in Chase Valley ontbied waar die skietvoorval plaasgevind het.

“Hoewel inligting wat op die toneel verkry is op bespiegeling berus, is die vrou na bewering in die maag geskiet terwyl sy glo ʼn handwapen skoongemaak het ter voorbereiding van ʼn skietkompetisie,” het Herbst gesê.

Die vrou is op die toneel gestabiliseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marianne ·

Neem aan skiet kompetisies deel maar skiet jouself per ongeluk en dit in die maag??? Nee wat, vertel dit vir ‘n leek wat jou sal glo.

JSG ·

Stem saam. Mense wat aan kompetisies deelneem is veronderstel om te weet watter stappe gevolg moet word wanneer ‘n vuurwapen skoongemaak moet word.

Haan ·

Daar is honderde gevalle van professionele skuts wat hulself per ongeluk skiet. Dit kan met enige iemand gebeur… Selfs n leek

JoeV ·

Eie kinders vandag in kompetisie, mens maar altyd so half onrustig die klomp dorps kinders met vuurwapens bymekaar is.

Jannie ·

Dit moet seker vreeslik wees om alles in die lewe te bevraagteken.
ń Ongeluk kan met enige-iemand enige tyd gebeur.

'Stoepsitter' ·

Selfs ervare jagters het hulleself bokveld toe gestuur. Wie weet, dalk het die telefoon- of deurklokkie gelui wat die roetine onderbreek het. Verdeelde aandag kan maklik ongelukke veroorsaak. Dan is daar ook die mak raak (soos pa gesê het) vir dit wat jy al honderde der honderde kere gedoen het wat jou uitvang.
Dit is dus maklik om nou te praat maar hoevele mense het nie hulself lelik raakgesny met ‘n mes wetende wat kan gebeur of wanneer jy besig is om sweiswerk te doen dan vat jy waaragtigwaar net daar waar die yster op sy warmste is, jy hoor tot so ‘n sisgeluid. Die grootste grap is dat jy dit weet maar begin mak raak . . .

Eddie ·

Goed gestel stoepsitter. Als wat jy beskryf gebeur daagliks, ek het self n paar merke en littekens om dit te bewys.

Haan ·

Heel moontlik vergeet om die “striker pin” van die pistool te ontspan en toe per ongeluk die reaksie laat afgaan… Die rondte in die loop is wel pure nalatigheid ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.