Vrou skiet inbreker: Man ook vir ander misdade gesoek

Argieffoto

Die inbreker wat die afgelope naweek deur ʼn huiseienaar in Somerset-Wes in die Wes-Kaap doodgeskiet is, is deur die polisie gesoek in verband met twee ander rooftogte.

Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, is die man, ʼn 32-jarige Malawiër, gesoek in verband met ʼn rooftog in Somerset-Wes, asook ʼn soortgelyke voorval in Gordonsbaai.

“In dié stadium word daar nie ʼn tweede persoon aan die rooftog [waarin die man gesterf het] verbind nie,” het Van Wyk gesê.

Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien die polisie nog sy naasbestaandes in kennis moet stel.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Vrydag in die vroeë oggendure by ʼn huis in die dorp plaasgevind. Maroela Media het die eienaar van die huis om kommentaar genader, maar sy wou nie met die media praat nie en het navrae na die polisie verwys.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mike ·

As sy dit nie gedoen het nie was sy waarskynlik nou dood.
Elkeen het die reg om sy/haar lewe te beskerm.

GM ·

Nou sit daardie vrou met emosionele letsels omdat sy ‘n lewe moes neem van ‘n persoon wat onwettiglik daar was, en haar tien teen een sou vermoor het. Die wat niks verkeerd doen nie word gestraf en moet in vrees lewe, terwyl die kriminele vreesloos is en hulself verryk deur ander se harde werk.

Henk du Toit ·

So lê ons landsgrense oop vir Jan en alleman om te kom roof moor en plunder in SA. Struggle skuld wat betaal met wit lewens. Maar ja, die minderheid se lewens maak nie saak in SA nie. Weereens het ons iemand wie wettig bewapen is, wie die (nie so) glorieryke Polisie se werk vir hulle gedoen het. Sonder wettige vuurwapens word n landsburger doodeenvoudig n onderdaan. As die vrou haar wapen gaan inhandig het om beslag te gee aan die utopiese SA waar net die regering en kriminele wapens het, was sy nou ook net ‘n statistiek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.