Vrou skiet man by verkeerslig dood

ʼn Vrou het Dinsdag ʼn man by ʼn verkeerslig in Vereeniging doodgeskiet toe hy glo sy hand by haar motorruit ingedruk en haar bejaarde ma probeer verwurg het.

Kapt. Fikile Funda, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Funda het die vrou, in haar vroeë dertigs, saam met haar 79-jarige ma en 8-jarige kind in haar motor omstreeks 15:40 by ʼn verkeerslig op die hoek van Merriman- en Voortrekkerstraat in die dorp gestaan toe ʼn man, vermoedelik in sy dertigs, die motor genader het.

Die motorruit aan die passasierskant was glo op ʼn skrefie oop en die man het sy hand by die motor ingesteek en die vrou se ma probeer verwurg.

Die vrou het egter ʼn vuurwapen te voorskyn gebring waarna sy ʼn skoot afgevuur het, verduidelik Funda.

Die man is raakgeskiet en is later op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Funda sê dat die owerhede ontbied is en die toneel is deur polisiebeamptes afgesper. Die vrou was ten tyde van die voorlopige ondersoek nog op die toneel.

Fikile wou nie in die stadium die name van die betrokkenes bekendmaak nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

121 Kommentare

MS ·

Kan jy nou meer… Daai arme mense het hulle seker amper morsdood geskrik. Laat dit nou sommer ‘n les wees vir die ou skurk se makkers.

siener ·

10 uit 10 vir die vrou. Ons is moeg om aangeval en aangerand te word. Dit het tyd geword om “Op te Staan en Terug te Veg” teen mense wat nie in ons samelewing hoort nie.

WitBlits ·

Die vrou het seker die VF+ se leuse teen die naaste straatlamppaal gelees en besluit dis nou tyd vir “Slaan terug!”

Boegoe ·

Wel WITBLITS ten minste het sy haar ma van ‘n gewisse DOOD Gered, of sy die DA of VF of ANC plakkaat gesien het is nie belangrik nie sy het die REG GEHAD om haar ma teen ‘n wreedaard en moordenaar te beskerm.

Cherokee ·

Nou wat op aarde is rede vir jul b(l)itsige aanmerkings teen Witblits?
Watter probleem het julle met sy aanmerking? Of is dit nou weer mense wat mekaar opvolg deur te eggo? Nie een van julle verduidelik die probleem wat julle het met die ‘slaan terug’ aanmerking nie. As Witblits vir die VF+ gaan stem is my ondersteuning verseker.
Witblits, ek dink as die eerste kommentaar komplimenterend was, sou daar meer komplimente gewees het. Die eerste kommentaar was ‘n aanval wat toe gevolg is met meer daarvan.

C ·

Sy het haarself, haar kind en haar ma beskerm. Nerens in die land is jy meer veilig nie en dus voel ek syt die regte ding gedoen. n Soort gelyke ding het met my my ma en klein sus gebeur n paar jaar gelede. Ons het in die verkeer by n verkeerslig gestaan, n man het van nêrens gekom en sy hande deur die oop venster gedruk en my ma se hangertjie probeer af ruk. Even al was dit helder oor dag en was daar karre reg rondom ons, het niemand probeer help nie. As jy nie jouself beskerm nie gaan niemand dit doen nie, veral nie in SA nie en dis presies wat die dame gedoen het. Hopelik leer skelms uit die storie uit!!!

Dries du Toit ·

Ek stem saam. Witblitz se aanmerking was baie skerp en gepas. Hy het die aanmerking sekerlik nog met n tong in die kies gemaak.

Shelley ·

Ek is van vereeniging en ken die betrokke persoon. Die man wou haar hi-jack

Shelley ·

Regstelling: poging tot smash and grab en nie hi-jack nie
Haar moeder se handsak was op haar skoot

Linda ·

Ons sal ons self moet begin verdedig.
Glo dit was baie traumaties sterkte

Hartseer ·

Soos ek verstaan op n ander nuusberig is sy aangekla vir moord. Haar lewe was nie in gevaar nie en sy het glo ook nie n waarskuwings skoot geskiet nie. Is nogal nuuskierig om die geval te volg. Ons trek mos altyd aan die kortste end.

Chris Ws ·

Die dae van “waarskuwing skoot skiet” bestaan lankal nie meer nie.Die wet vereis dit ook nie.

Hanna Hoekom ·

Met ammunisie wat so duur geraak het, kan niemand “bekostig” om n waarskuwingskoot af te vuur nie! Al wat teen hierdie vrou kan tel is haar velkleur. En ons weet al te goed hoe hierdie sake gewoonlik verloop…

JSO ·

Moordklag laat vaar maar vir nou vuurwapenlisensie opgeskort.

Awie Opperman ·

Die wet maak ook voorsiening dat jy ‘n ander persoon, wie se lewe bedreig word, mag beskerm.

Albatros ·

Sy is aangekla van manslag — en dis standaard prosedure. Beteken nie jy gaan opgesluit word nie.

Rika ·

Dit gaan my verstand te bowe dat kriminele meer regte as mense het. Dis die grootste rede waarom SA in so ‘n gemors sit. Sterkte vir julle!

Cherokee ·

Hanna Hoekom weet ek nie maar ek geniet jou sin vir humor.

Truidie ·

As iemand deur iemand anders doodgemaak word moet daar volgens wet `n klag van moord ondersoek word ongeag die omstandighede. As dit selfverdediging was, soos in hierdie geval, behoort die saak teruggetrek word. Bietjie liggeraak, is julle nie?

Annelize ·

Ek het fotos van die toneel, en die oorle skurk, op ‘n ander media platform gesien. Glo my, sy het ‘n ordentlike joppie gedoen.

Fight fire with fire, dis al taal wat hierdie gemors verstaan. Ek salueer hierdie vrou!

Dries du Toit ·

Hanna dit was n uitstekende skerp aanmerking. Mooi man??

Lizelda ·

Elke aksie het n reaksie mnr die skel!!. Ek is bly dat die vrou kop gehou het en haar geliefdes beskerm het. Sterkte aan ouma, ma en dogter, dit bly n traumatiese ervaring.

Ben ·

Darm iemand wat wakker geskrik het in die land en hulle self bewapen , nou nog net n paar miljoen wittes wat moet bykom

Lisensiehouer ·

Ek moet se na ons huis inbraak in 2017 het ek wat n vrou is ook n pistool en ek sal ook als in my vermoe doen om my en my man en kinders te moet beskerm as dit op so punt kom. Niemand sal hom na my toe nooi nie en as hy ongenooid aankom en my kinders speel buite sal hy ook n loodpuntjie kry. Welgedaan vir die vrou. Sterkte vir dit wat voorle! Ons het nou nog nie ons wapens terug van forensies af nie. Dit is al n jr en 4maande.

GM ·

Hartseer, die feit dat jy dit noem, dui natuurlik die ras van die slagoffers aan. Ek sou sê as iemand gewurg word, is hul lewe in gevaar. Dis in elk geval ‘n simpel wet dat jy eers half dood moet lê voor jy jouself mag beskerm. As iemand in jou huis inbreek, dan beskou ek jou lewe as in gevaar, want wat soek die persoon daar? Netso ook as hul hande in jou motor indruk. Skiet ‘n waarskuwing skoot in hul been, en sê jou korrel was bietjie uit.
Mooi skoot dame.

Chris Ws ·

Die dame verdien ‘n medalje.Ek dink AfriForum behoort ‘n beweging op die been te bring wat mense met medaljes vergoed vir helde dade .Sy het 100% reg opgetree in die omstandighede.Hoop Afriforum gaan haar ten minste verdedig??

Johan ·

Onmiddelike noodweer,waar jy glo jou lewe of die van n ander word bedeig,hoef jy Nie waarskuwingskoot af te vuur en die boef te council tot Ander insigte Nie.Jy Moet die hof net oortuig dat jy bo redelike twyfel geglo het dis jy of hy.Hys geskiet in die aksie,toe hy gepoog het om bejaarde te verwurg(te dood),Nie toe hy weggehardlooop het Nie.Jys n held vrou!Baie sterte en raak kalm,alles sal fine wees.

Lindtjies ·

Ons is almal siek en sat vir die misdaad wat daagliks plaasvind. Die blatantheid van die misdadigers om jou besittings sonder enige gewetenswroeging van jou te vat. Hy was besig om die vrou se ma te wurg. Wat moes sy anders doen. Mense kom al hoe meer in opstand.

Rieks ·

Sy kon dslk nie wegry nie. Verkeerslig was rooi of ander voertuie in die pad.

Wenner ·

Hoe kon sy wegry terwyl die skurk se hand om haar ma se keel is? Dan was dit nog n groter gemors.

Shelley ·

Almal word ge waarsku in vereeniging en vanderbijlpark dat daai straat hoor hi-jack en smash n grab area is
Natuurlik gaan ons gewapen daar deur ry

D B ·

Die grootste probleem hier is dat die “owerhede” nou weer die belastingbetaler se geld gaan mors deur die arme vrou hof toe te sleep.

Bewys my verkeerd ·

Merk my woorde. Sy gaan gearesteer word vir moord as sy nie klaar is nie. En hulle gaan dit uitbuit as propaganda vir die verkiesing. Wit wreedheid teenoor n arme wat wat net wou kom hello se.

Richard Bauer ·

Nou staan sy weer ‘n moordklag in die gesig. Die klag moet eintlik teen die regering wees, want hul versaak hul burgers se veiligheid en beskerm kriminele.

Jacques ·

Ek wil nie spoke opjaag nie , maar ons gaan die tipe optrede meer en meer in die land sien waar daar nie aan wet en orde gehoor gegee word nie . Waarskuwing skoot , regtig ? Waarsku die gemors jou voor hulle jou skiet of aanval , los hulle n nota in jou bosbus en waarsku jou voor hulle jou gaan kom beroof . Weet die mense wat kos ammo , dit kos geld om n waarskuwings skoot te skiet .

Petra ·

My mens, ek is jammer vir jul trauma, MAAR JY IS MY HERO!!!!!!!

honourable member ·

Dit is maar net reg. Hoekom wou hy die vrou wurg. Mens het regtig nie meer simpatie met hierdie mense nie. Hy moet maar vat wat na sy kant toe kom.

jaco ·

Venster moes nogal op ‘n redelike groot “skrefie” oop gewees het dat die aanvaller se hande binne die motor kon kom.
Dan ook: die vrou skiet sekerlik op die ingewing van die oomblik, so daars nie tyd om te mik nie. Tog trek die koeël mooi netjies deur die “skrefie” en dood die aanvaller.
Iets maak nie sin nie, tensy die “skrefie” eintlik beteken die venster was half oop of driekwart oop.

Wolkie ·

So wat wil jy se jaco? Dat die aanvaller REDE gehad het om sy HAND By die venster in te steek en die tannie om die keel te gryp? in BESKAAFDE LANDE ry mense met hulle VENSTERS oop, so al was die ma se venster HEELTEMAL oop het sy steeds die REG gehad om te bestuur en die REG om veilig in haar kar te wees, dit bly HAAR besitting en HAAR persoonlike spasie .. SY poot hoort nie in die kar nie . daarom stoot hy nou wolkies.

Renier ·

Wat maak dit saak of die “skrefie” klein of groot oop was. Die man het hulle aangerand. Basta met dis res.

Trol ·

Weet jy Jaco.sy hande moes vir meer as net n sekonde of twee wederregtelik in daardie kar gewees het. Dis nie n sekonde om wapen te voorskyn te bring nie. Ek kan egter glo jy sou weggery het. Of in die vowrtuig voor jou vasgery het. Enige iets om konflik te vermy. Ek dink dit word lafhartig genoem.

Alta ·

So Jaco, jy reken nie dat die koeël dalk déúr die venster is nie? Min voertuie het koeëlvaste vensters…

Hennie ·

Wie gee om hoe groot die venster oop was klink nie of dit gebreek het nie die vrou is n baie goeie skud give that woman a bells

Jannie ·

WEL GEDAAN!! Die lafaards teiken mos altyd die sagte, weerloses!!! Hoop mense neem kennis en tree in daadwerklike selfverdediging op in sulke situasies!!

Elsabie ·

Lekker Lekker Lekker!!!! Brawe vrou! Ek hoop net nie dit ontaard weer in ‘n rasse ding nie. Dan gaan sy tien teen een tronkstraf kry, dit net omdat sy haar gesin en self wou verdedig.

Magaretha van heerden ·

Dit is baie sleg as ons nou begin mense doodskiet. Ek verstaan die stress en skok wat die vrou ondervind het maar die volgende wat gebeur as sy wit is, is dat sy in hegtenis geneem word vir moord. Hoop regtig it gebeur nie maar daar is geen geregtigheid in SA vir wit mense nie. Ek bid dat alle wit Suid Afrikaners kalm moet bly en versigtig wees om hulself nie bloot te stel aan onregverdige vervolging nie.

AG asb tog ·

Ja sy moes gewag het dat die ou in die kar klim, haar ma verwurg en wegjaag met haar sodat hy haar kan verkrag en erens in die kattebak gooi en aan die brand steek .. dan sou jy seker BETER voel oor die MOORD NE??

Realis ·

Sy het nie ‘n mens doodgeskiet nie. Mense gryp nie outannies aan die keel nie !

Susan B ·

Waarna toe moet jy n waarsku skoot skiet as jy tussen mense is. Hallo dit Kan nie skiet hom.!!!!

wielie ·

Great ….. ons kort nog sulke tannies!!! Give that girl a Bells

Andre ·

Sy sal tronk toe gaan want sy het een van die ANC se maaitjie vermoor.

Petra ·

Andre so jy het die man geken dat jy geweet het hy stem anc? Dan is ons soooo jammer vir jou verlies man!!

Vra Net ·

Is die ‘n ander voorval as die een in Naboomspruit? Ook ‘n paar foto’s gesien op social media, maar van ‘n voorval in Naboom. Presies dieselfe MO en storie, dis hoekom ek wonder waar presies dit nou gebeur het?

Johan ·

@Jaco, hoekom se jy Nie wat jy eintlik bedoel Nie.”Ek sou net weggery het,venster op n skrefie, iets maak nie sin nie”.Hoekom as n wetsgehoorsaamde burger wat se grootste fout is,om belasting te betaal,net in Vrede wil lewe.net uitgelos te wil word,altyd aanval!!!Jy wil wegry na iemand jou ma verwurg?!!Jy se presies deur daai sinnetjie Wie Jy Is!.

Jepetto ·

Maroela hou ons leesers ophoogte wat met hierdie saak gaan gebeur ek is baie niskierig wat die pad vorentoe vir die vrou inhou

Katryn ·

Ek het eendag saam met my man in Voortrekker Vereeniging gery en vergeet om my deur sluit. By robot het iemand my deur oopgemaak. Gelukkig niks gevat nie maar van daar af maak ek seker alle deure is gesluit altyd

Tersia ·

het hy enige reg om sy hand in enige privaat voertuig se ruit te steek en jou persoonlik aan te val of om jou eiendom te vat sonder enige toestemming. Dit het ook al met my gebeur was gelukkig dat hy nie kon regkry dit wat sy intesies was nie, hoe moet ons, ons dan beskerm. Hulle is ‘n klomp wat bedrywig is in Vereeniging en as hul sien jy hou hulle dop lag hulle vir jou in jou gesig so mak is hulle al. Want al word hulle gevang, weet hulle, hulle kom niks oor nie. Die SA wet is mos vir hulle.

Wie weet ·

Natuurlik gaan hulle haar aankla vir moord dis hoe die wet werk Sy het iemand dood geskiet Sy sal nou moet bewys in die hof dat haar lewe ingevaar gestel was of haar ma sin Sterkte Kry vir jou n goeie Prokereur want in die land kom skelms weg met als

Des Nigrini ·

Jy sit in ‘n motor, ma langs jou, kind agter in kar en moontlik ander karre in ander baan. In watter rigting moet jy waarskuwing skoot afvuur? Skiet jy langs rower verby kan jy dalk ander mense buite motor tref op sypaadjie ens. Ek skiet ook nie my kar stukkend om rower te spaar nie maar skiet eerder rower in stukke.

Jacqueline Labuschagne ·

Wag en kyk maar mense begin nou mooi moeg raak vir die wat dink hulle kan maak en breek net soos hulle wil mense so oë is besig om oop tegaan al vat dit lank ons gaan nou meer begin lees van hoe mense vir hulle self begin opstaan inplaas daarvan net om nog n statistiek tewees ek is bly dat n vrou kon gedink het om nie sonder n wapen tery nie teveel mense huil as dit telaat is maar hulle maak nie voorsorg nie sy is n goeie voorbeeld van wysheid en staan op vir jouself ja daar is nou well n hofsaak en ander moeilikheid maar haar mense is veilig nie een van hulle het iets oorgekom nie en dit omdat sy verder as haar neus gedink het.

ne ·

Mooi so dame. Jou gesin het wel nou trauma, maar ek sê: Goed gedoen om jou mense te beskerm. Ons is vuisvoos in SA.

Anna Smith ·

Waarnatoe moes sy n waarskuwingskoot skiet? In die voertuig? Haar gesin in gevaarstel? Of buitentoe en n onskuldige voetganger ofso se lewenin gevaarstel? Nee!!! Sy het presies regnopgetree…..wat het die vreksel in elk geval met sy hande in haar voertuig (eie spasie) gesoek? Hy het g3kry wat hy gesoek het!! Mooi so vrou….beskerm jouself en jou familie!

Trol ·

Weet jy Jaco.sy hande moes vir meer as net n sekonde of twee wederregtelik in daardie kar gewees het. Dis nie n sekonde om wapen te voorskyn te bring nie. Ek kan egter glo jy sou weggery het. Of in die vowrtuig voor jou vasgery het. Enige iets om konflik te vermy. Ek dink dit word lafhartig genoem.

Binx ·

Wel gedaan. Hopelik het sy lisensie om vuurwapen by haar te hê, want sover ek verstaan( kan verkeerd wees) mag jou vuurwapen net saam jou vervoer word indien dit so aangeteken word op lisensie. Andersins kan sy aangekla word vir n vooraf beplande moord, sou hulle nou regtig n saak sou wou maak. Is ek reg of not? En ja…orals steek hulle hande en soms lywe in jou voertuig in, dis die rede hoekom vensters eerder moet toe. Al n gewoonte.

Helen ·

Vensters toe beteken niks, die venster word eenvoudig stukkend geslaan en voor jy kan sê mes is die skermunkel binne in jou motor. Ek weet hoe vinnig dit gebeur was self ‘n slagoffer gewees. Jy flous jouself as jy dink toe motor vensters gaan jou beskerm want dit doennl nie as jy die teiken is, kom hy vir jou ongeag wat jy doen om dit te probeer verhoed.

corne ·

mooi so kry net daai kind jammer weet julle hoe klink dit as n skoot in kar afgaan daai klank is oorverdowend hart

Cherokee ·

Waar het jy gesien die skoot was in sy hart, corne? Sy’t hom dalk in sy kop of bors geskiet.

Wenner ·

Hoe kon sy wegry terwyl die skurk se hand om haar ma se keel is? Dan was dit nog n groter gemors.

Koos ·

In SA in 2019 ry jy nie met TOE vensters in beboude gebied en jy is extra paraat by verkeersligte. Ek maak ‘n punt daarvan wanneer mense saam met my ry. Word wakker en besef dis ‘n voorreg net vir mense in regtig beskaafde lande.
As jy sien jy nader ‘n rooi lig, verminder spoed en dalk wanneer jy by die lig is, slaan dit groen.
As jy moet stop en daars motors voor jou, probeer ‘n afstand van 1 tot 2 motors se grootte voor jou hê. Dit gee meer ruimte om te sien wie kom na jou motor toe aangestap en uit eie ondervinding weet ek dat bedelaars en ander kriminele motors wat so by verkeersligte stop, ignoreer.

Mooiso ·

Mense moet ophou om ons behaardes en vrouens te teiken. Ons het die volste reg om hulle af te weer.

Pierre ·

Die “soft targets” is toe nie meer so “soft” nê. You go girl.

Zorro ·

Nou vra ek weer vir die BLF is dit die voorvaders wat hierdie ou gestraf het? En o ja, watter voorvader het gemaak dat julle Bank Rekening gevries word? Laat ons tog weet.

Thys ·

Moet ASB nie daai gewese aan valler na n sekere pastoor toe vat nie…….hy sal weer mense aanval !!!!!! Sodra hy wakker gemaak word !!!!

Bollie ·

Hy kan bly wees sy het nie ‘n waarskuwing skoot geskiet nie.Soos sy gekorrel het sou hy met die waarskuwings skoot al sy g@t gesien het!Well done to this Lady!

Piet kokewiet ·

Mooi so sy het die regte ding gedoen anders sou daai skelm seke na die tyd iemand vermoor het en dan moes belasting betaler wee vir hom sorg in die tronk

Jack Daniel ·

Mooi so Girl!!!
Wys hulle hoe dit gedoen Moet word!!!
Wel!… As ons nie Kan saam staan nie is dit tyd om terug te slaan.
?⭐⭐

Jacques die Goodwoodianer ·

As jy bestuur hou jou rollie by jou of jou sproei. Dis ñ jammerte dat ons soos kriminele onsself moet toesluit in ons huise en orals waar ons gaan met onsekerheid moet rondloop of ry. Welkom in SA, hier moet jy wakker wees my bra.

Schalk ·

Wat soek leegleers by robots sluit toe dan kan ons almal veilig wees.Ai Jaco dink bietjie.Kom elkeen wat kommentaar lewer bid teen hierdie gees van kriminaliteit .Dinge sal vrander

Mikka ·

Baie sê “oor haar vel kleur gaan sy tronk toe gaan” of “sy het groot moeilikheid”. Die tong is die grootste vyand. Hou op om dinge oor ander uittespreek. Bind dit af en Bid vir die dame, kan net indink hoe sy en haar gesin moet voel. Bid dat geregtigheid sal geskied.
Sterkte aan die dame asook haar ma en die kind wat als moea aanskou.

Anoniem ·

Had ek ‘n vuurwapen, en so booswig steek sy arm in my motor om my naasbestaandes of myself aan te rand… sou ek hom ook geskiet het. Verseker. Hy het NIKS binne my voertuig uit te waai nie. Hy kom nie om ‘n handdruk te gee nie – dis verseker.

Dis tyd dat ons ‘n boodskap begin uitdra.

MW ·

2 kaste! Sy’s wakker. Ek haal my hoed vir haar af. Jy moet jou storie ken in so ‘n situasie. Om sekuur te kan skiet in ‘n kwessie van sekondes kos vinnig dink. Dit kon haar ma gewees het. Meer mense moet so paraat raak. ‘n Kannetjie peper sproei/traangas/knuppel/paintball gun op die skoot. En dan die ewige handsakke, selfone en juwele wat nie in sig behoort te wees nie, stel almal in die motor se lewens in gevaar. En jy maak geen venster oop in dorpsverkeer nie. Dis vir moeilikheid soek. Die polisie kan wraggies nie om elke hoek en draai vir jou veiligheid uitkyk nie. Vandag is dit jou eie indaba . Die boervrou wat nou kort aangeval was terwyl sy besig was om wasgoed uit te hang? So ‘n persoon behoort mos nooit uit die huis te gaan (veral wanneer sy op haar eie is) sonder een of ander vorm van wapen en sonder ‘n hond nie? Al hou jy dit in jou pennetjie- /voorskoot-/ broeksak. Plaasaanvalle en “smash & grab” kom mos nie van gister af aan nie? Mens moet maar net in die gewoonte kom en dit jou leefstyl maak, hoe lastig & onregverdig dit ookal is. Ons woon ongelukkig in Selfhelp Afrika

Johanna ·

VEREENIGING Dorp is nou maar eenmaal nie meer n veilige plek om in stil te hou. Gaan kyk maar self hoe dit daar lyk. N Skande dat n dorp so verwaarloos kan wees! Dis nie maklik om net weg te ry nie.!

Ekke ·

Daai venterruit moes seker heeltemal afgedraai gewees het. Hoe kan die man sy hand deur ‘n skrefie druk om die vrou se nek by te kom om haar te wurg. Seker sou sy weggeskram het toe sy sy hand gesien kom het, so maw sy arm was ook deur die “skrefie” / oop venterruit….en waar is die koeel deur wat hom getref het… nie deur ‘n toe ruit nie…

Sarie ·

1. Sy het ‘n waarskuwing skoot afgevuur – hy was net in die pad van die koel.
2. Hy het nie gegaan vir die handsak nie – hy wou moor – was die ma se handsak op haar skoot of om haar nek met die dat hy haar wou verwurg?

Trinity ·

Goeie 1 Sari – sy kan mos nie help dat hy nou voor die rondte ingeloop het nie…

tinker ·

Ek hoop regtig sy kry goeie regs hulp. Sterkte dame, jy het gedoen wat baie sou doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.