“Vrou” skiet veiligheidswag dood

geweerʼn Veiligheidsbeampte is Sondag by ʼn winkelsentrum in Kaapstad deur twee mans, waarvan een vroueklere aangehad het, tydens ʼn gewapende roof doodgeskiet.

Na wat verneem word, het die voorval by Waterstone Mall in Somerset-Wes plaasgevind. “Die polisie kan bevestig dat ʼn besigheidsroof omstreeks 09:00 in Somerset-Wes plaasgevind het,” het kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag aan Maroela Media gesê. “Die veiligheidsbeampte het geld by die winkel gaan oplaai. Die verdagtes het hom genader toe hy uit die winkel gestap het.”

Een van die verdagtes het ʼn vuurwapen uitgepluk en die beampte noodlottig gewond. Hulle het die geldbokse gegryp en met ʼn onbekende hoeveelheid kontant van die toneel gevlug.

Die verdagtes het in ʼn silwer Toyota Corolla met vervalsde nommerplate gevlug.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Babs ·

Gewoonlik staan daar ‘n swaar gewapende veiligheidswag buite die deur. Waar was hy? Een man kan nie die trommel dra en nog homself beskerm. Lyk my die publiek moet maar gewapen gaan inkopies doen of wegbly van die sentrums af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.