Vrou skiet vermeende inbreker dood

Argieffoto

ʼn Vrou van Somerset-Wes in die Wes-Kaap het Vrydag in die oggendure ʼn vermeende inbreker in haar huis doodgeskiet.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek die omstandighede waaronder die vermeende inbreker geskiet en gewond is, en gesterf het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof asook ʼn geregtelike doodsondersoek.

Rwexana wou nie enige ander inligting aan Maroela Media bevestig nie.

“Die ondersoek is aan die gang; ons kan nie nou enige inligting bekend maak terwyl dit nog voortduur nie.”

Rwexana het Sondagoggend bevestig die oorledene is in die stadium nog nie geïdentifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Grysburger Pretoria ·

Nog ‘n bewys van die beskerming wat die privaatbesit van vuurwapens kan bied. Sluit by Gun Owners South Africa aan om die reg tot hierdie beskerming te handhaaf teen die aanslag van die polisie en hul politieke meesters

Haan ·

Dit is nie nodig om n lid van GOSA te wees om n wapen te mag besit nie.

Nettie ·

@Haan, ja – nie nodig om GOSA-lid te wees nie, maar die hemel weet, dit is ook GLAD nie maklik om ‘n wettige vuurwapen-eienaar te raak in vandag se SA nie. Vuurwapens is vrek duur, dan moet jy nog gaan vir vuurwapen-hanteringsopleiding, sertifikaat bekom, polisie toe gaan, daar nog betaal vir ‘n aansoek ……. en 6 maande (as jy gelukkig is) wag voor jy dálk goedgekeur word om ‘n vuurwapen te mag besit. En nugter weet daarna – hoe lank is ‘n vuurwapenlisensie wettig – hoeveel keer hernu of heraansoek doen? Buiten nou die koste wat aangegaan moet word t.o.v. ‘n brandkluis en die installasie daarvan ……. en die risiko wat jy loop ás jy die dag daai vuurwapen uithaal en afvuur op iemand.

leser ·

die “inbreker” was genooi vir koek en tee, net bietjie baie vroeg

CJ ·

Jammer vir al die trauma wat hierdie onskuldige vrou nou moet ervaar. Sterkte!

Drosdy ·

Haan: die tyd om saam te staan en die ondemokratiese en drakoniese toepassing van die wapen wet teen te staan het aangebreek. Staan saam en veg saam vir reg om jouself en geliefdes met wettige wapen te beskerm,asook om jou sport en jag tradisie te kan voortsit.

Lana ·

Nog ‘n outjie wat op ‘n plek was waar hy nie gehoort het nie.

Netso ·

Dis steeds beter met ñ 9mm in jou hande as met die SAP op die foon! In Texas is dit jou reg om jou vuurwapen te gebruik as iemand in jou erf is!

Riaan ·

Nou word die arme vrou eers weer aangekla vir moord. Pleks die staat dankbaar wees teenoor n persoon wat n misdadiger uit die gemeeskap verwyder het,en haar stuur vir berading en haar mediese onkostes dra.Hoeveel verkragte vrouens kry nie berading na so n geval nie terwyl die misdaiger in die tronk alle medies behandeling kry.

Thinus ·

Nee Riaan, gelukkig nie (nog nie) moord nie maar geregtelike doodsondersoek, soos met enige ander onnatuurlike sterfte. Dit beteken die staat ondersoek eers die omstandighede en besluit dan of vervolg (manslag) of nie vervolg (selfverdediging)
In hierdie geval korrekte prosedure dankie!

tambotim ·

As julle van vermeende inbreker wil berig, moet julle ook asb verwys na vrou het vermoedelik die inbreker geskiet!

Lana ·

Hierdie vermeende inbreker kon vir alle praktiese doeleindes ook vermeende verkragter of vermeende moordenaar gewees het.
Punt is hy het nie daar gehoort nie en was beslis nie daar vir tee nie.

Ekke ·

“Vermeende inbreker”….. so mooi sugarcoated woord….. hy was beslis nie genooi vir tee nie so wat soek hy in haar huis……

Tina du Toit ·

@Connie. Ek glo nie sy sal in die moeilikheid kom nie, want wat het hy daar gesoek. Sy sal wel haar verklaring moet afgee en ook verseker weet dat hulle haar wapen gaan vat vir toetse. Ek is dieselfde ding deur. Die verskil is hulle het nie my verklaring gevat na ons amper drie ure vir SAP gewag het nie en ek het herken ek het hom geskiet en dat ek wel `n lisensie ook het, maar op die 24ste Julie 2015 slaan hulle uit met met 4 voertuie en 15 polisieman kamma om my verklaring te kom kry. Gelukkig was Nantes van Afriforum daar. As sy voel sy word te nagekom dan sal ek haar aanraai om Afriforum dadelik te skakel. Sterkte vrou, want op die einde van die dag word jy soos `n boef behandel oor jy jou familie beskerm het.

Johan H. ·

Sterkte Mev,, Jou yster!! Ons kan gerus n Lughawe of groot instansie na u vernoem,, Moet nou gladnie stres nie,, Die lotte in blou gaan jou nou intimedeer en viktimiseer, maar vasbyt JY is n Hero!!!Dring aan om jou verklaring in JOU taal af te le, sodat daar nie twyfel kan wees nie,,,

Ronel ·

Baie sterkte Mev. Baie jammer waar deur U moes gaan. Wat kan mens anders doen as om net jouself te verdedig teen die huis inbrake, plaas moorde wat plaas vind in SA.

LVH ·

Nou gaan hulle ondersoek onder watse omstandighede die “vermeende inbreker” geskiet is. HY was op privaat eiendom, en het niks daar verloor nie.

Ywerige koerantlesertjie ·

Want hy kom mos koek en tee daai tyd nuttig

Sons ·

2005 was my man nie so gelukkig nie en het die duuste prys betaal. Sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.