Vrou skok toe sy wasgoed was

Argieffoto (28403, Pixabay)

Argieffoto (28403, Pixabay)

ʼn Vrou van Hammersdale in Mpumalanga is Vrydag ernstig beseer nadat ʼn elektriese toestel in die water geval het terwyl sy besig was om wasgoed te was.

“Dit is nie duidelik waarom die toestel in die bad geval het nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Paramedici is na die toneel ontbied, maar is na ʼn plaaslike kliniek verwys nadat familielede reeds met die vrou daarheen gejaag het. “Die beseerde vrou is gestabiliseer en sy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.