Vrou skuldig aan dieremishandeling

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is Donderdag in die landdroshof in Vereeniging skuldig bevind aan dieremishandeling.

“Mirriam Mofokeng is 12 maande tronkstraf of ʼn boete van R6 000 opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is,” het Jaco Pieterse, woordvoerder van die Dierebeskermingsvereniging (DBV), gesê.

Mofokeng is in Maart 2013 in hegtenis geneem nadat sy die Wet op Dierebeskerming oortree het. Sy het versuim om die nodige mediese behandeling vir haar hond te gee.

“Haar hond het bykans 60% brandwonde oor haar lyf gehad, insluitend die hond se rug, bene, geslagsdele en tong,” het Pieterse gesê. Mofokeng het haar eers ʼn week later vir mediese behandeling geneem. Die hond moes van kant gemaak word.

Iemand het glo suur op die hond gegooi omdat sy “lastig” was. Mofokeng wou nie bekend maak wie die suur op die hond gegooi het nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chivago ·

Lae lewe gemors, mag sy brand in suur / die hel / vlamme, watter een ookal die ergste is. Sy het dit sekerlik self gedoen ook daarom wil sy nie praat nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.