Vrou skuldig aan polisieman se moord

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die vrou van konst. Mbuyisela James Concoshi (34), wie se halfnaakte liggaam verlede Januarie in sy motor naby Welkom in die Vrystaat aangetref is, is skuldig bevind en gevonnis vir haar aandeel aan sy moord.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, het gesê Nomalanga Paulinah Concoshi (40) en haar twee medepligtiges, Papiki Jack Mateise (32) en Bassie Ndude (27), is al drie Donderdag in die Virginia-hooggeregshof skuldig bevind.

Concoshi is Vrydag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

“Mateise sal die res van sy lewe agter tralies deurbring terwyl Ndude ook 25 jaar tronkstraf opgelê is met ʼn bykomende drie jaar vir diefstal. Ndude se vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie,” het Nkwalase gesê.

Die vierde verdagte, Kopano Samuel Mojanaga (20), het op 31 Januarie skuldig gepleit en is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Maroela Media het vroeër berig Concoshi se liggaam is op die agtersitplek van sy motor gevind wat verlate op ʼn pad tussen Riebeeckstad en Thabong aangetref is. Merke op Concoshi se nek het aangedui dat hy verwurg is. Hy het ook wonde aan sy kop gehad.

Concoshi was lid van die Welkom-misdaadvoorkomingseenheid.

Al vier verdagtes is kort daarna weens sy moord vasgetrek.

Lees die vorige berigte oor die voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Phillip ·

Dagsê 3s4e

Dankie vir jou navraag. Soos in die berig gemeld, is die vierde verdagte Kopano Samuel Mojanaga (20).

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

AL ·

Na n paar jaar se goeie gedrag is hy uit op parool. Waar is die geregtigheid daaraan?

Annie ·

Mense moor te maklik .. want hulle straf is nie swaar genoeg nie

Cherokee ·

Eerste keer wat ek lees van ‘n regter wat sê dat die vonnisse nie gelyktydig uitgedien sal word nie maar opeenvolgend. Die ander regters kan by hom leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.