Vrou skuldig aan R1,6 miljoen se diefstal  

(Foto: Unsplash)

ʼn Vrou wat vir net ʼn paar maande as die finansiële administratiewe bestuurder van ʼn huiseienaarsvereniging gewerk het, is skuldig bevind op 185 aanklagte van diefstal.

Annelize Holtzhausen is Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Polokwane skuldig bevind nadat sy vir diefstal van R1,6 miljoen in hegtenis geneem is.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê Holtzhausen het van 28 Januarie 2019 tot 24 Oktober 2019 as finansiële administratiewe bestuurder by die Zandspruit-huiseienaarsvereniging op Hoedspruit gewerk.

Sy was verantwoordelik om diensverskaffers te betaal vir dienste wat by die maatskappy gelewer is. “In stede daarvan om geld aan die diensverskaffers te betaal vir gelewerde dienste, het sy fiktiewe eise geskep en die geld na haar eie bankrekening, sowel as haar man se rekening, oorgeplaas.”

Die bedrogspul het tydens ʼn oudit aan die lig gekom waarna ʼn saak van bedrog aanhangig gemaak en na die Valke verwys is.

Holtzhausen het op 25 Februarie 2021 vir die eerste keer in die hof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die saak is tot 20 Junie vir vonnisoplegging uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.