Vrou skuldig bevind aan diefstal

Louisa Lubbe (Foto verskaf)

Louisa Lubbe (53) is Maandag in die Nelspruit-streekhof skuldig bevind op 27 aanklagte van diefstal.

Lubbe bly in aanhouding ná haar skuldigbevinding. Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê sy sal na verwagting op 14 Junie gevonnis word.

Lubbe het in Februarie 2016 by FFA Mechanical Services in Nelspruit gewerk as ʼn boekhouer. Sy het ʼn bedrag van R144 233 na haar persoonlike rekening oorgeplaas.

“Die Valke se handelsmisdaadeenheid het haar in hegtenis geneem en sy is vrygelaat op borgtog. Sy het ʼn paar keer in die hof verskyn totdat sy Maandag uiteindelik skuldig bevind is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Elna ·

Ai tog. Wat kan n mens se. Wat van die wat miljoene so verkwansel in die staats kas wat word van hulle? Een of ander tyd eis skelmstreke sy tol en dan word mens uitgevang. Ek loop maar eerder die nou en reguit pad al gaan dit hoe swaar. Sterkte aan die vrou dis al wat ek kan se.

W ·

Weet nou nie of ek sal saam stem nie Hou maar die hofsaak in Parys dop … Daar is ñ wit Regter… Dink jy dit gaan ñ reverdige verloor wees?

Anoniem ·

So vinnig opgetree en saak afgehandel…
Wat van Markus Jooste…wat van Steinhof? Dit sloer al jare en miljoene rande betrokke.

T ·

Ek is baie jammer, maar hoe kan mense in vandag se tye nog so stupid wees. Nou moet jy maar gaan sit vir jou dade. Jy het presies geweet wat jy doen! CRIME DOES NOT PAY!

Sarel ·

Jy kan die regstelsel blameer soos jy wil. As jy skuldig is is jy skuldig. Ek weet nie wat geval hier was nie maar gebeur soms aan mense disperaat raak veral Mediese kostes.

Tina ·

Hoekom is hierdie nuuswaardig?? Daar word daagliks sulke gevalle hanteer oor die soort handel en misdaad bd streek en selfs hoogeregshof.

Deon Roux ·

Hoekom is die berig hier ? Die vrou is onbekend, die besigheid is onbekend en dis kleingeld. Dit hoort in ń plaaslike koerantjie, dis nie nuus nie…..

Annette ·

ons moet wakker skrik misdaad het nie ‘n kleur nie as jy verkeerd is moet jy die gevolge dra

@Annette ·

Wat het kleur hiermee te doen? Waarom haal jy dit op? Omdat sy wit is? Wie het gesê witmense moenie gestraf word nie?

Diefie ·

Deon, sy word voorberei om parliament toe te gaan, dis hoekom Maroela die berig geplaas het.☺☺☺

Sharon ·

Hoekom word hierdie berig geplaas?? Dit is so klein en onbelangrik en een van biljoene groter soortgelyke gevalle??

Joe ·

Watvan Leaderguard… Mense se pensioen weg…. Miljoene rande. Niks v gekom… Daai mense skotvry, leef hoog en luuks….

wielie ·

Net n vraag — waarom n foto van die vrou plaas maar die verkragters en moordenaars moet identiteit beskerm word??? Kan iemand my help met n amtwoord???

Watwou ·

Haar vel kleur is wit, daarom die berig vir daai small change en nogal n foto ook?? Ander kleur Moordenaars en diewe van miljoene, geen foto, geen name, ens.….

Anoniem ·

Is dit nou nodig om haar gesig te pleiser oor die ganse media om haar vir ewig te verkleineer? Liewe hemel. Maar die gesigte van verkragters en boere moordenaars word verdoesel dat mens hulle nie kan sien nie.

Erwee ·

Laat ons versigtig wees om die klippe op te tel!! Ons ken nie haar pad wat sy gestap het om tot daardie dade oor te gegaan het nie. Ek praat nie goed wat sy gedoen het nie, of maak dit nie af as iets klein en onbenullig nie!! As ons in iemand se skoene gestap het, mag ons dalk ‘n beter begrip he vir die besluite wat daardie persoon geneem het, reg of verkeerd. Mag daar genade vir haar wees en mag sy die stukke van haar lewe hierna kan optel om ‘n omkeer in haar lewe te bewerkstellig. Vir die leunstoel-regters, mag julle harte aangeraak word en ‘n sagtheid beleef wat julle nooit voorheen geken het nie.

GL ·

Erwee, ek stem 100% saam.
Ek dink ook dit is heeltemaal verkeerd om haar Foto te wys.

Zelda ·

Erwee, ek stem ook saam met jou. Dit wat sy gedoen het is nie reg nie, maar ons weet nie wat in haar lewe aangegaan het wat haar tot daardie daad gedryf het nie. Maar dit is onnodig dat haar gesig gewys word, nou gaan sy op alle vlakke gebrandmerk word.

Blondie ·

Erwee ek stem met jou saam. Hierdie is iemand se ma, ouma, tannie ens. Syt fouteer en gaan daarvoor boet. Moenie ‘n hond skop terwyl hy lê nie
Ek dring daarop aan dat mm dit verwyder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.