Vrou sluit ‘dief’ binne motor toe

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 31-jarige man moet Maandag in die Schweizer-Reneke landdroshof in Noordwes verskyn in verband met diefstal uit ʼn motor.

“ʼn Vrou het Donderdagmiddag omstreeks 16:00 haar motor parkeer en nie opgemerk dat iemand ʼn warsender gebruik om te verhoed dat haar motor met ʼn afstandbeheerde toestel kan sluit nie,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Molale het gesê die verdagte het in die motor geklim en die deur toegemaak om glo items uit die motor te steel, toe die vrou by die winkel ingegaan het.

“Veiligheidsbeamptes het gesien wat gebeur het en die vrou in kennis gestel. Sy het weer die afstandbeheer gebruik om die motor te sluit, en die verdagte is binne-in die motor toegesluit,” het Molale gesê. “Die polisie is na die toneel ontbied en die man is in hegtenis geneem.”

Die polisie doen ʼn beroep op voertuigeienaars om te alle tye waaksaam te wees en seker te maak hul voertuie het wel gesluit.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

As hy per ongeluk agter ingeklim het, sou hy gesien het die stuurwiel is klaar gesteel!!!

Tdw ·

Watse tipe kar kan jy nie jouself laat uitkom nie as hy van buite toegesluit word?

Johan ·

My VW kan nie sommer net oopgesluit word van binne af as hy van buite af gesluit is nie. Hy moet weer van buite af oopgesluit word.

SNEL ·

Hyundai i30. Ek het eenkeer winkel toe gegaan en my tiener seun wou nie saam gaan nie, maar in die kar wag. Ek het hom gesê om net n deur oop te maak, want ek was al n ent van die kar of toe meneer besluit hy gaan bly, maar tiener en hardkoppig. Hy het geen deur oopgemaak nie en na n kort rukkie het die kar vanself gesluit en hy was binne vasgekeer, hy het alles probeer, maar niks wat hy doen kon maak dat die kar oopsluit nie. Hy was papnat van die sweet toe ek terugkom….ek het my dood geskrik, want ons temperature was vreeslik hoog daai dag en daar het ek gesien hoe vinnig kan so iets gebeur. Gelukkig was dit net die “dailies” brood en melk, maar dan kry jy mos altyd iemand vir wie jy net “gou” hallo sê, dus was ek seker net so halfuur weg, maar dit was reeds te erg om in n warm kar vasgekeer te wees. Nou weet ek om dubbeld seker te maak hulle maak n deur oop voor ek loop of hulle kan dan maar buite in die koelte iewers wag as hulle nou nie saam met hul ma gesien wil word nie.

Johann ·

As die dief blond was, sou hy gesien het hy is op die agtersitplek en die stuurwiel is klaar gesteel!

Peet Schabort ·

Johan met die VW. So mens is behoorlik geVolks soos met hierdie dief gebeur het.

Kobus Bosman ·

As ek my Ranger se sluit knoppie twee keer druk kan hy nie van binne af oopgemaak word nie.

SNEL ·

Ek moet ook sê, ek het nooit geweet as ek die kar sluit, weer oopsluit, maar ek ry nie met hom nie dat hy weer na n paar minute self sluit nie, en dan is dit soos Johan sê, jy kry hom net oop as jy hom weer met die sleutels oopsluit. Ek het vreeslik groot geskrik daai dag, daar is al so baie kinders wat dood is in n warm kar, en mens dink n tiener is groot en kan maar wag in die kar as die deur of n venster net oop is, maar ja, maak net die deur tog oop. Ek het hom gesê, seun jy moes n venster uitgeslaan het…maar pleks en as, dis klaar te laat. Ek weet net never in my life again, ek het n paar jaar ouer geword daai dag. Ek hoop iemand leer iets hieruit, want ek wens ek het geweet hoe n kar optree as jy hom sluit en weer oopsluit en nie ry nie.

Berhalet Beukes ·

Priceless! Tien uit tien! Laat dit ‘n les vir die wetter wees!

Alta ·

Ek het per ongeluk my sleutel in my kat toegesluit. Ek het ‘n deur oop gemaak maar dit was nie goed genoeg nie. Ek moes die bestuurder se deur oopgemaak het. Ek het 3 dae op Augrabies gesit totdat ‘n sleutel maker wat die gereedskap het om VW oop te kan maak my kar kon oopkry.

Ben ·

My Mercedes het ‘n knoppie op die paneelbord om te druk dan gaan die deureknoppies op (ontsluit), maar miskien weet die knaap nie van Mercedes truuks nie?

Dee ·

Dis g’n ‘Mercedes truuks’ nie. Grand karre soos my Corolla het dit ook.

Frans ·

My 10 jaar oue BMW se agter vensters draai nog op die ou manier af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.