Vrou sny ontroue kêrel se geslagsdeel af

mes1-225x225ʼn 21-jarige vrou het Maandag in die Meadowlands-landdroshof in Gauteng verskyn nadat sy glo haar kêrel se geslagsdeel afgesny het.

Volgens konst. Sibusiso Chauke, ʼn polisiewoordvoerder, het die vrou Sondag na bewering haar kêrel met ʼn ander meisie in Soweto betrap en hulle albei beveel om hul klere uit te trek.

“Sy het daarna glo ʼn mes gevat en haar kêrel se penis afgesny. Sy is dieselfde dag nog in hegtenis geneem,” het Chauke gesê. Die kêrel is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

“Die vrou het Maandag in hof verskyn, maar kon nie die R2 500 borgtog betaal nie. Sy bly in aanhouding totdat sy weer op 23 Oktober in die hof moet verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Erich Goosen ·

Dalk kan die dame suksesvol tender vir die besnydenisdiens in die Oos-Kaap.

Vas Vat ·

Maroela, wat was fout met die kommentaar wat ek gelewer het ??? Plaas dit en laat die lesers besluit of daar iets verkeerd is…………..

HELENA SEABORNE ·

LOL VAS VAT WAT HET JY GESE? DINK DA IS AL BAIE VAN MY GOED OK VERWYDER

wragtig ·

Helena en Vas vat. Ek glo die mense by maroela media kan nie so goed afrikaans verstaan nie. Baie van my kommentAar word afgehaal dan is daar niks verkeerd nie.

A.W. ·

JA Lekker JY wou mos, Hy kan en sal nie weer nie. Wens ons vroue kan ook al die verkragters s’n ook afsny, mors af!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.