Vrou soek antwoorde ná Tuks-moord

johan-de-beer

Johan de Beer. Foto: Verskaf

Meer as twee maande ná ʼn dosent van die Universiteit van Pretoria (UP) wreed op die hoofkampus vermoor is, is daar steeds net vrae.

Maroela Media het vroeër berig Johan de Beer, ʼn geriewebestuurder by die Universiteit van Pretoria (UP), se liggaam is op 6 Januarie in ʼn badkamer op die kampus gevind. Daar was lappe in sy mond gedruk, sy hande was met kabelbinders vasgebind en ʼn plastieksak is oor sy kop getrek.

Volgens Coosie de Beer, Johan se vrou, sukkel die familie om berusting te vind met die wete dat Johan se moordenaars steeds vry rondloop. “Ons is nog niks meer wys oor wie hom vermoor het of wat hulle motief was nie,” het sy gesê.

“Die nadoodse ondersoek het gewys dat Johan aan versmoring dood is. Die polisie vermoed nou dat daar dalk die een of ander chemikalieë op die lappe kon wees wat in sy mond gedruk was, maar ons wag steeds op die uitslae van die laboratoriumtoetse. Hulle het ook nog nie die uitslae van die forensiese toetse gekry nie en die beeldmateriaal van die universiteit se veiligheidskameras het niks opgelewer nie. Ek en my kinders sal nooit berusting kan kry as ons nie weet wie dit gedoen het en hoekom hulle dit gedoen het nie.”

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, wou Donderdag geen inligting oor die vordering van die polisieondersoek bekendmaak nie. “Die ondersoek gaan nog voort,” het sy gesê.

Intussen het Coosie aan Maroela Media gesê die familie voel asof die universiteit hulle in die steek gelaat het. “Daardie universiteit was my man se hele lewe. Hy het sy dae daar deurgebring en dit is ook daar waar hy dood is. Hy het letterlik sy lewe vir die universiteit gegee. ’n Mens sou dink dat hulle bereid sou wees om ʼn onafhanklike ondersoek na die moord te doen en so te help om die boosdoeners vas te trek. Dit het immers op hulle kampus gebeur. Die moordenaars kan dalk nog op daai kampus rondloop en nog iemand kan hul slagoffer word,” het sy gesê.

Volgens Coosie het Johan se broer namens die familie ʼn brief aan die universiteit geskryf waarin hulle versoek dat die instansie ʼn onafhanklike ondersoek na die moord doen. Hulle het wel ʼn bevestiging van die ontvangs van hul skrywe ontvang, maar daarna nooit weer van die universiteit gehoor nie.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die UP, het hierdie bewering ontken en gesê dat die universiteit wel op die brief reageer het. “Die universiteit het aangedui dat hoewel hy groot begrip het vir die behoefte om antwoorde te vind en inderdaad self ook sodanige antwoorde wil verkry, die amptelike polisieondersoek die hoofondersoek bly en dat die universiteit afhanklik is van die uitkoms daarvan,” het Bouwer gesê.

“Die universiteit het sy volle samewerking aan die SAPD gegee en bly in gereelde kontak met die ondersoekbeampte in die saak. Die universiteit het ongelukkig tans geen insae in die vordering of bevindinge van die polisieondersoek nie en beskik oor geen inligting oor wie moontlik betrokke kon wees by die dood van mnr. De Beer nie.”

Bouwer het bevestig dat die sekuriteit op die kampus sedert die moord “om verskillende redes” verskerp is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bruno Stef ·

“Wit lewens maak nie saak nie in SA.Dit is die teenoorgestelde van die slagspreuk onder swart agitators in Amerika selfde poeding net n ander sous.

François ·

Shame Tuks! Klink of julle al klaar onder die ‘pers’ invloed is. Miskien moet ‘n beloning aangebied word. Dan vorder dinge by die SAP ook vinniger, dan nie?!

Lee ·

As die ras anders was was dit al lankal opgelos. Ek is teleurgesteld in Tuks en SAPS. Het een van julle al iemand op so manier verloor. Dis aaklig. Ek kan dink dat die familie antwoorde soek. Net jammer almal het nie geld nie anders kan mens ‘n ondersoek span van die VSA kry, hulle is 100% beter om moored op te los as die lot by ons wat net op hulle gate sit en niks doen. Sterkte aan die familie!

Theresa B ·

Ek stem Lee. Ons vriend is wreed op sy plot vermoor verlede jaar hierdie tyd. Die polisie het die graaf en koevoet gekry waarmee hy vermoor is. Die moordenaar het sy selfoon gevat en die kinders het die moordenaar se profile op Whatsupp gesien. Hulle het tot uitgevind dat die moordenaar in die Kaap is. Hulle het alles wat hul kon vir die SAP gegee. Intussen het die een wat die saak ondersoek bedank en niemand doen iets verder nie. Daardie persoon loop lekker rond (selfoon en al) en die SAP doen niks om die kinders te help nie.

Wynand ·

TUKS se beleid is lyk my – gee nie ‘n flenter om as ‘n wit persoon vermoor word nie.
Die arme wit studente. Hulle is van ‘n trotsheid op die Universiteit beroof. Maar hulle skors nie opstoker van die EFF nie – dit word aanvaar – iemand wat se die wit ras moet vermoor word.
Die bestuur van Tuks is huigelaars en hoort nie daar nie. Hulle kan nie die Universiteit bestuur nie- dit is tog duidelik?

Tiger ·

Waar is die Valke nou?Maar nee dis mos net ‘n blanke wat wreed vermoor is.Dit tel nie in hul boeke nie!

Estelle ·

Ek hoop van harte dat die familie en vriende van Mnr. Johan de Beer antwoorde en berusting sal kry. Dit is ‘n verskriklike tragedie en om dit dan nog sonder antwoorde te probeer verwerk moet hel wees. Baie sterkte.

Johann ·

Ons moet bietjie wegbreek van die rassekwessie en kyk of dit bevoegde persone is wat die moord ondersoek. Sterkte aan die familie.

Flippie ·

Dit help nie om moorde te ondersoek nie. Die moorde moet gestuit word. Wat help dit as al die witmende vermoor word en hulle moorde word ondersoek – niks. As jy dood is, is jy dood en geen ondersoek gaan hom terugbring nie. As hulle die wat dit gedoen gevang het peul daar 3 nuwes in sy plek uit.

Die oplossing is DNA identifisering van moontlike moordenasrs en hulle te merk.

Elinette ·

Johann, ek stem. Ons moet inderdaad wegbreek van die rasse-kwessie – MAAR DAN MOET ALMAL DIT DOEN EN ALMAL OOR DIESELFDE KAM GESKEER WORD. Daar kan nie aan die een kant gesê word die een groep Suid-Afrikaners moet meer vergewensgesind en nie-ras-gesind wees nie, maar die ander groep(e) word toegelaat om dinge soos “Whites must Fall” en “Kill all whites” e.d.m. te sê en geen haan kraai daarna weer nie.

Terselfdertyd moet ons aandring op diens van ons staatsamptenare: die polisie in hierdie geval en ook die universiteit moet gedwing word om hulle jis te lig en terugvoer aan die familie te gee. Waar is Solidariteit en AfriForum nou?

Laastens, maar nie die minste nie: Theresa B, die feit dat jou vriend se kinders ‘n profiel op WhatsApp van die “moordenaar” gesien het, beteken nie veel nie. Dié persoon kan ‘n heel onskuldige mens wees, wat die foon dalk by die werklike moordenaar gekoop het. Dit is tog waaroor die meeste rowery gaan: om iets te steel wat monetêre waarde het, wat verkoop kan word.

Theresa B ·

Ons moet altyd ons gesig wegdraai van rassisme en rassekwessies. Maar doen die ander dit – NEE. Borde word opgesit en slagspreuke word geskree oor wittes wat vermoor moet word. Vermoor wittes en kry ‘n plaas. Aan sulke goed word NIKS gedoen nie.
Ek stem saam met jou Wynand.

Ruby ·

Ja Anna-Retha, onthou net dat dit die koue terugvoering ook gaan wees as jy iets sou oorkom.

Julle kan wel nie die saak by die polisie oorvat nie maar ek voel julle kon meer gedoen het dan sou Johan se vrou nie gevoel het julle laat haar in die steek.

A ·

Hie kan di universiteit sê hulle is in gereelde kontak met SAPD maar in dieselfde sin sê hulle weet nie wat die vordering is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.