Vrou spoorloos ná sy in kattebak klim

Modirelwa Maxwell Mokoana. (Foto: Saps)

ʼn Vrou van Limpopo het spoorloos verdwyn nadat ʼn man haar vroeër die maand in ʼn voertuig se kattebak gedwing het.

Polisie in Hlogotlou, buite Groblersdal, is op soek na inligting wat hulle sal help om ʼn verdagte op te spoor, wat glo ʼn vrou in ʼn kattebak gedwing het.

Inwoners van Kgaphamadi- informele nedersetting sê hulle het gesien hoe die verdagte, ene Modirelwa Maxwell Mokoana, die vrou op 9 Mei in die kattebak van ʼn wit sedan dwing. Die vrou, wat sedertdien as Refiloe Malope geïdentifiseer is, is nog nie weer sedert dié voorval gesien nie.

“Die polisie doen ʼn beroep op Mokoana om hom by die naaste polisiestasie te gaan oorgee, aangesien hy waarskynlik met die ondersoek kan help,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, Sondag gesê.

Enigiemand met inligting oor waar Mokoana hom bevind, word ook gevra om die ondersoekbeampte, sers. Amos Thekupi, by 082 775 5462 te bel.

Refiloe Malope. (Foto: Saps)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kensy ·

Verstaan nie.. niemand klim vrywillig in kattebak nie.
Hoe staan jy en toe kyk? as jy te bang is om selfs iets te doen dan bel jy iemand om te help!!!

KatjieDeKat ·

Ai shame die arme vrou..helaas het ek nie hoop vir n goeie uitkoms in hierdie situasie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.