Vrou spring glo uit bewegende motor

Argieffoto

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 40’s, is Donderdagmiddag beseer toe sy na bewering uit ʼn bewegende voertuig gespring het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op Wallmansthalweg naby Hammanskraal plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag was die polisie reeds op die toneel. Die vrou het aan die kant van die pad gelê, omring deur lede van die publiek,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring het sy veelvuldige skaaf- en skuurplekke opgedoen maar geen ernstige beserings nie.

Die vrou is behandel en na die Jubilee- provinsiale hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karolis ·

Karin ek voel met jou, maar ek wil bylas:
jy kry hardkoppige vroumense hoor.
So bietjie oujaar humor doen goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.