Vrou spring na haar dood uit Sunnyside-gebou

Zethushof in Parkstraat, Sunnyside Foto: Google Earth

Zethushof in Parkstraat, Sunnyside Foto: Google Earth

ʼn Vrou is dood nadat sy Vrydagoggend uit ʼn woonstelblok in Sunnyside in Pretoria gespring het.

“Die vrou het uit die sewende verdieping van die gebou gespring,” het kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, Saterdag aan Maroela Media gesê. “Ooggetuies het net voor 10:00 die vrou in die gebou gesien.”

Die woonstelblok, Zethushof, is in Parkstraat geleë. “Dit is hoofsaaklik studente wat in die gebou bly, maar ons kon nog nie bevestig of die vrou ʼn inwoner was of hoe sy toegang tot die gebou bekom het nie,” het Brits bygevoeg.

Sy sê die vrou se naam is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Klink na iemand wat nie geweet het waarheen. Sulke dade is verskriklik hartseer. Dat iemand kan dink daar is net geen ander uitweg nie. Ek weet nou alweer baie gaan skryf daar is hulp en dis nooit nodig nie ens – maar ons weet nie van die desperaatheid in so ‘n persoon se gemoed nie. Ek hoop sy vind nou die rus wat sy nie hier kon kry nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.