Vrou spring van brug op hoofweg

Die brug waar die voorval plaasgevind het. Foto: Verskaf.

ʼn 44-jarige vrou het Sondag haar eie lewe geneem deur van die brug by die nuwe Umgeniweg-wisselaar op die N2-hoofweg in KwaZulu-Natal te spring.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 11:30 plaasgevind.

“Die vrou het na bewering haar VW Polo op die N2-hoofweg parkeer, uitgeklim en van die brug gespring. Sy is op die toneel dood verklaar deur paramedici,” het Gwala gesê.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die vrou het ernstige beserings opgedoen. “Daar was ongelukkig niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Jamieson gesê.

ʼn Ooggetuie wou haar glo keer toe hy sien hoe sy haar motor parkeer en op die brug klim, maar sy het gespring voor hy kon help.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek na die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ronelle ·

Dis tragies,vra my ek weet een oomblik jou sussie nog sm jou en oor paar ure moes jy hoor sy selfmoord gepleeg dis al jare maar dit voel soos gister,hle happy en dan net weg,sterkte aan geliefdes en fam

Lysa ·

Baie sterkte aan haar familie wat agterbly. Hoop sy het ‘n brief gelos sodat daar nie so baie vrae is en geen antwoorde nie. Dit is vreeslik moeilik vir die wat agterbly, vra my ek weet….

Chris ·

Innige simpatie vir die famielie van die vrou wat haar lewe geneem het. My broer het sy lewe geneem amper 20 jaar terug. Hy het geen brief of rede gegee en die vraag is altyd daar oor hoekom het hy dit gedoen. Dit het almal se lewens verander en die seer is altyd daar en die seer gaan nooit weg.

Lize ·

Ek het byna 3 jaar laas my dogter se stem gehoor. My familie ken my nie. Ek is al vier jaar stoksiel alleen. As ek more spring moet niemand vra hoekom, hoekom nie. Dis belaglik.. hoekom was niemand daar vir my toe ek hulle nodig gehad het nie.

Tania Heyns ·

Dagsê Lize

Dankie vir jou kommentaar. Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Baie sterkte!

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

sywurm ·

Ek het jare terug so ‘n punt beleef, glo baie het al…. en daardie nommer geskakel. Hulle is useless en ek was amper erger… jong dametjie wat geen benul het hoe om iemand te help nie. Lize Wens ek kon jou my nommer gee… Ek ook ‘n broer wat selfmoord gepleeg is, soms is dit medies soms maar net dinge en mense… Jy kan 100 op jou hê en alleen voel. Alleenheid nie vir sussies nie en ja ek was amper al self ‘n sussie… net mense wat verstaan sal weet… mense wat ‘n pad geloop het en nie gedra was nie…

Hannelie ·

Sjoe dis baie erg, ek weet. Sterkte aan haar familie. Daar sal altyd vrae wees wat onbeantwoord gaan wees. Maar onthou die mooi en koester die herinneringe.

Meraai ·

Maroela!!!!!!!!!! julle is fantasties – toe ek Lize se komentaar lees het my hart gesak tot in my tone!!! Baie baie dankie………..

Lize ek ken jou nie,maar wees sterk en weet daars baie wat nou aan jou gaan dink en gebede gaan gee, dink aan jou en lief jou ook.

Liefde
Meraai

THIA ·

ek voel vir lize dit wat sy se is waar mense is gou om te rou en te maak asof hulle hartseer is waneer iemand dood gaan en dit is hartseer maar waar is die klomp wat so rou waneer daai persoon lewe??????dus regtig n goeie vraag

Sam ·

Lize, wees sterk se almal maar dis vreeslik moeilik ek weet. Niemand kan verstaan waardeur jy gaan nie en ek hoop jy vind krag van iewers af om nie te spring nie.

Dan aan Tania van Maroela..Dankie.. Dis net een woord maar ek hoop jou hart voel die dankbaar vir jou kort maar kragtige boodskap aan Lize.

Tess ·

Lize…glo my ek verstaan…REGTIG! Dis moeilik…baie moeilik. Maar soms verloor ek ook my “nugter denke” en deur Genade alleen is ek nog hier. Ek klou aan God vas…Ek wil nie d lewe na d dood mis…dis my enigste rede. Maar een ding…God is nie fisies op aarde…Ongelukkig.

apie ·

Sterkte aan ouers, familie en kinders wat swaarkry, of ‘n geliefde verloor het. Reik uit, daar is wel baie mense wat jou sal bystaan en omgee.. Geseend is daardies wat uit hul pad gaan om mense moed in te praat, te help of net te luister

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.