Vrou stap wonderbaarlik weg ná boom op kar val

(Foto: DFW brand- en reddingsdiens)

ʼn Vrou het wonderbaarlik weggestap van die toneel ná ʼn boom op die motor waarin sy gery het, geval het. Die privaat onafhanklike Drakenstein Farm Watch brand- en reddingsdiens, sê uiterste weer en wind het die boom laat omval.

Nico Harmse, bevelvoerder van Rawsonville Breede Valley Farm Watch (BFW) se brand- en reddingsdiens, het DFW in die Paarl oor die naweek gekontak op die provinsiale nooddiensnetwerk. Hy het laat weet ʼn vrou is in die Paarl in haar motor vasgekeer.

“DFW, die metro-reddingsdiens en ambulansdienste het vinnig reageer. Die vrou het egter intussen reeds wonderbaarlik uit die motor geklim. Sy het nie ʼn skrapie opgedoen nie, alhoewel die motor baie erg beskadig is.”

Takke so dik soos ʼn mens se been het deur die motor gedruk. “Dit was egter nog nie haar tyd nie. Paramedikus A. Carlse van DFW het haar ondersoek en bevind sy het nie enige beserings opgedoen nie.”

Verskeie nooddienste, waaronder die Drakenstein-brandweer, Med Life-ambulansdiens, Fidelity ADT, metro-reddingsdiens, Paarl-verkeer, die polisie en die DFW se brand en paramedici het op die toneel reageer.

“Die privaat noodradionetwerk van DFW en sleutelvennote uit ander gebiede soos Rawsonville in dié geval, werk seepglad.”

(Foto: DFW brand- en reddingsdiens)

(Foto: DFW brand- en reddingsdiens)

(Foto: DFW brand- en reddingsdiens)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cathy ·

Ongelooflik! Alhoewel geen liggaamlike skade nie, het sy haar seker doodgeskrik. God het haar beslis bewaar. Dit gee my hoendervleis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.