Vrou steeds in aanhouding oor babalykies in vrieskas

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Melice Jacobs (29) het Woensdag weer in die Mthatha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn nadat daar vroeër die maand vier babalykies in ʼn vrieskas by haar huis gevind is.

Kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Jacobs het op aanklagte van moord en verberging van geboorte verskyn. “Die saak is tot 2 Maart uitgestel. Sy bly in aanhouding tot dan,” het Soci gesê.

Maroela Media het vroeër berig sy is op 10 Februarie in hegtenis geneem nadat die polisie die lykies drie dae vantevore in haar huis in New Brighton gevind het. Polisiebeamptes het op ʼn wenk reageer en moes by die huis inbreek, aangesien die eienaar nie tuis was nie. Huurders het aan die polisie gesê die vrou is in Johannesburg om ʼn begrafnis by te woon.

“Sy beweer sy is die ma van al vier die babas, maar ons stem nie saam met haar nie en DNS-toetse sal gedoen word,” het kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, destyds gesê.

Volgens Fatyela is daar ʼn skoenveter om een van die babas se nekke gevind en dui dit daarop dat hulle moontlik verwurg is.

Lees vorige berigte oor die aangeleentheid hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.