Vrou steeds in ‘baie pyn’ ná sy aan die brand gesteek is

Tracy Samuels. Foto: Instagram

Tracy Samuels (39), die vrou van Roodepoort wat op Oukersdag in ʼn kritieke toestand in die brandeenheid van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal opgeneem is nadat ʼn vlambare vloeistof oor haar gegooi en dit aan die brand gesteek is, is steeds in ʼn ernstige toestand.

Maroela Media het vroeër berig ʼn rou vorm van asetoon wat gebruik word om oppervlaktes mee skoon te maak is ten aanskoue van Samuels se 11-jarige seun oor haar gegiet nadat sy ʼn rusie met ʼn man oor ʼn WhatsApp-gesprek gehad het.

Samuels was aanvanklik aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel, maar sy is intussen van die masjien verwyder. Haar verbande is glo ook verwyder.

Leonard Scott Turner, Samuels se oom, het Woensdag aan Maroela Media gesê Samuels is in “baie erge pyn”, maar haar toestand is meer stabiel as voorheen.

“Dit gaan steeds nie goed met haar nie en die familie is maar steeds geweldig bekommerd oor haar. Haar toestand het egter wel intussen verbeter, maar daar is geen kans dat sy binnekort ontslaan sal word nie. Ek is steeds in Durban en kon haar daarom nog nie persoonlik besoek nie, maar volgens ons familie en kennisse gaan haar herstelpad in die hospitaal nog minstens twee tot drie maande lank duur,” sê hy.

Scott Turner sê ʼn gespesialiseerde verpleegster van die hospitaal se brandeenheid gaan Samuels Woensdagmiddag weer ondersoek waarna ʼn meer akkurate prognose oor haar herstelpad gemaak sal kan word.

Tracy Samuels. Foto: Instagram

Hy kon ook steeds geen duidelikheid oor die omvang van haar brandwonde gee nie en het gesê die familie wag nog vir die terugvoer van die hospitaal.

Scott Turner het bevestig dat familielede steeds na Samuels se 11-jarige seun omsien terwyl sy in die hospitaal aansterk. Hy sê die toekoms lyk in dié stadium onseker, maar dat die seun veilig is. “Ek het vir hom gesê hy moet my elke liewe dag SMS waarna ek hom sal bel om te hoor of hy nog oukei is. Ek glo alles is nog in die haak en dat die familielede mooi na hom omsien in dié moeilike tyd.”

Hy sê hy is met “afgryse gevul” dat die man wat Samuels met die vlambare vloeistof gegooi het steeds op vrye voet is. ʼn Verdagte is ná die aanval in hegtenis neem en sou in die landdroshof in Roodepoort verskyn het, maar die saak is van die rol geskrap.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het Woensdag gesê ʼn staatsaanklaer van die landdroshof in Roodepoort het intussen opdrag gegee dat ʼn ondersoekbeampte van die polisie ʼn verklaring by Samuels kry. Volgens hom is die ondersoekbeampte nou ook in die proses om verklarings van ooggetuies te kry waarna die aanklaer sal besluit of die verdagte weer in hegtenis geneem moet word en op watter aanklagte die inhegtenisneming sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

STERKTE ·

Ja hoor, die verdagte is steeds op vrye voet. Al wil die dame nie ‘n saak maak nie, moet die staat tog seker ‘n saak maak dan nie? Hy het haar probeer vermoor, wie gooi vlambare stowwe op iemand uit en steek hom aan die brand as jy die persoon nie ernstig wil skaad of doodmaak nie? EK verstaan regtig nie meer die polisie en die regstelsel in SA nie. Een ou klap ‘n ander ou by ‘n klub en die volgende dag staan hy in die hof, hierdie vrou word aan die brand gesteek voor haar seun en die ondersoekbeampte sal nog BESLUIT of daar ‘n saak aanhangig gemaak moet word? Die hemele weet Tracy, ek hoop jy sterk gou aan .. ek werk met jou in animal welfare, maar regtig as jy nie ‘n saak gaan maak nie en die polisie gaan nie ‘n saak aanhangig maak nie, weet ek nie waartoe is hierdie man nog in staat nie. STERK gou aan!

Ella ·

Hoekom sukkel die SAPD so? Daar was mos ooggetuies en wat van haar seun wat alles gesien het? Dis n skande dat die aanvaller nog vry loop.

Linda Gouws ·

Dis ‘n skreiende skande dat die beskuldigde nog op vrye voet is!

Willem ·

Kan dit nie glo…ek het n vrou te hulp gesnel laas Saterdag wat ook deur n lafaard stukkend geslaan was en nadat hy weggekruip het het ons hom gekry en gearresteer. Vandag is die gemors vrygelaat met R500 BAIL!!!!! Die was ook poging tot moord en klaar…jy slaan nie n vrou nie en klaar!!!!

Anoniem ·

En dit nog voor haar 11lf jatige seun dis n skande !!!!!!

PJC ·

Hierdie tipe ouens kom hopeloos te lig daarvan af. Op een of ander manier moet hulle ernstig vas gevat word.

bgj van der westhuizen ·

ja dit is vir my te goed dit hy wil haar verband en dit kan haar dood vir oor saak en die man loop nog vry buite wat de hel gaan aan in die sapd is hulle nou so sleg dat hulle nie meer verder kan dink as hulle neus nie maar as eimand n n dood kis gesit word en skrik gemaak word hulle dadelik toe gesluit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.