Vrou steeds in hospitaal ná NW-plaasaanval

Blackie van den Berg kort na die aanval. Foto: Verskaf

Blackie van den Berg (61), die vrou wat Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes oorval en wreed aangerand en verkrag is, sterk steeds in ʼn hospitaal in Klerksdorp aan.

Bianca van den Berg, Blackie se dogter, het Saterdag aan Maroela Media gesê haar ma het baie erge pyn ná die aanval. “Haar neus is gebreek, haar oë toegeswel en haar lippe geswel. Hy het haar só erg gewurg, sy kan omtrent nie eet nie. Hy het haar vreeslik geslaan,” het Bianca gesê.

Sy het gesê dat haar ma ook deur een van die aanvallers verkrag is. Van den Berg het toestemming gegee dat hierdie inligting bekendgemaak mag word.

Maroela Media het vroeër berig Van den Berg was alleen by die huis toe die aanval omstreeks 00:45 gebeur het. Volgens Bianca was sy in die kombuis toe sy ʼn geluid op die dak gehoor het byna soos ʼn kat wat op die dak loop. Sy het daarna gesien dat haar hond buite die huis onder die lapa toegemaak is nadat sy hom vroeër die aand laat uitkom het.

“Sy het gehoor hoe hulle die veiligheidshek by die voordeur uit die kosyn breek en besef hulle is besig om die huis binne te kom. Sy het na die kamer toe gehardloop en die veiligheidshek in die gang agter haar gesluit. In die kamer het sy haar rewolwer gekry. Teen daardie tyd was een van die aanvallers klaar besig om die traliedeur in die gang oop te buig terwyl die ander aanvaller buite die huis gestaan het,” het Bianca gesê.

Sy vertel Van den Berg het ʼn paar waarskuwingskote in die lug geskiet, maar toe die aanvaller geen gehoor hieraan gee nie, het sy die rewolwer op hom gemik en geskiet. “Sy was so verbouereerd, sy het mis geskiet en die rewolwer leeggeskiet. Daarna het sy teruggehardloop kamer toe en die houtdeur van die kamer gesluit,” het Bianca gesê.

Van den Berg het in die kamer haar buurvrou gebel om hulp te kry toe die aanvaller begin om die houtdeur met ʼn spitvurk oop te breek. “Sy het vir hom gesê sy gaan hom skiet, toe sê hy vir haar in Afrikaans: ‘Skiet maar, ons kom vir jou.’ Al wat sy kon doen, was om angsbevange daar te sit en wag met die wete iemand is op pad om haar dood te maak,” het ʼn emosionele Bianca gesê.

Blackie van den Berg in die hospitaal. Foto: Verskaf

Nadat die aanvaller deur ʼn gat in die deur die kamer binnegekom het, het hy Van den Berg met die spitvurk aangerand en haar herhaaldelik geslaan. Hy het haar klere van haar lyf af geskeur en haar ook verkrag. Volgens Bianca het haar ma verbete terugbaklei en die aanvaller geslaan, geskop en gekrap.

In ʼn stadium het die aanvaller die rewolwer gegryp en dit op Van den Berg gerig en die sneller getrek, maar daar was nie meer patrone in die vuurwapen nie. “Toe hy besef die rewolwer is leeg, het hy haar gewurg. Hy wou haar doodmaak,” het Bianca gesê. “Net toe het die bure daar aangekom en sy makker buite die huis het gefluit om hom te waarsku. Hy het my ma aan haar hare in die gang af gesleep en toe op die vlug geslaan.”

Die aanvallers het met kontant, ʼn selfoon en Van den Berg se vuurwapen gevlug.

Bianca het gesê haar ma woon alleen op die plaas sedert haar pa agt jaar gelede oorlede is. Sy verhuur die grond en boer ook self met skape.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het Vrydagaand aan Maroela Media bevestig twee aanvallers, onderskeidelik 21 en 24 jaar oud, is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Delareyville-landdroshof verskyn.

Die DA het hom intussen skerp uitgespreek oor die vlaag plaasaanvalle in Noordwes. Carin Visser, die DA se provinsiale voorsitter, het gesê die nuus van Van der Berg se brutale aanval het die hele provinsie geruk.

“Die toename in plaasaanvalle bewys net weereens die DA se kommer dat mense wat op die platteland bly se veiligheid nie gewaarborg kan word nie,” het Visser gesê. “Ons doen ʼn beroep op die polisie om hierdie sinnelose aanvalle te ondersoek en seker te maak dat al die skuldiges aan die pen ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Berhalet ·

Mevrou van den Berg… Ek is só jammer dat jy hierdie trauma moes beleef. Mag God jou seer vertroos, mag Hy jou deur hierdie onverstaanbare ervaring dra. Ek wens ek kon my arms om jou sit en my binneste vir jou gee om jou heel te help maak. Maar vanaand en elke aand vorentoe sal jý in my gebede wees. Mag jy spoedig herstel van die fisieke seer!

willie ·

indien ek sê wat ek wil sê is ek ook môre toegesluit! baie sterkte en beterskap vir jou vroutjie!

BOLANDER ·

Sê ek ook Willie. Myne sal ook nie geplaas word nie!!!!!!!!!!!!!!!!!

JJ ·

Ja en steeds swyg die premier van Noordwes oor die blankes wat aan die hand van swart mens sterf en verniel word!

al ·

Moet nie dat hierdie varke jou siel breek nie! Ek het ñ vrou geken wat in die dorp gebly het en deur ñ morsige straatloper verkrag was.
Sy het haar lewe se stukke opgetel en nie toegelaat dat die vark haar vreugde en menswees steel nie.l! Sy het sterker en beter daar uitgekom.

MCH ·

Hoe kan julle n vrou alleen op die plaas los kinders? Dis Noordwes, dis Suid Afrika!

Estie ·

So jammer vir julle in SA. Dit gaan nooit weer beter raak nie. Sterkte.

Peanut ·

Hi Estie ek aanvaar jy woon iewers in die buiteland, en ek wil almal van julle wat oorsee woon vra om dit onder die aandag te bring vd mense daar waar julle woon. Die goed moet aan die lig king m

Sonja ·

Estie…
Ek vra saam met Peanut… bring dit onder die aandag van mense dat die wéreld die waarheid kan sien. Als word gerieflikheidshalwe onder die mat ingevee en dan word daar verwag jy mut net vergeet.
Ons vergeet nie. Die haat word net groter elke dag.

Amelda ·

Voel baie jammer vir haar maar sy moes glad nie in die lug geskiet het nie. Sy moes geskiet het om dood te skiet

Nee ·

Die wet se ongelukkig jy moet eers ‘n waarskuwingsskoot skiet en sy was so verbouereerd, selfs die rondtes wat sy op hulle uitgeskiet het was MIS want sy was VOL vrees en bewing en sy was alleen en BANG … sy het NIKS verkeerds gedoen nie. Wys hoe goeie mens sy was, om hulle eers ‘n kans te gegee het.

Keelvol ·

Vervloek is almal wat by plaasmoorde en die aanmoediging daarvan betrokke is, vervloek in die naam van God en al hulle voorvadergeeste.

Elsa ·

DA gryp asseblief in en help plaasboere beskerm….onbesonne dade moet nou aandag kry omdat regering te stadig reageer….dis n skande

Jackie ·

DA sopas van Zille ontslae geraak…..wat gaan hul omgee vir ander blankes….ek hoop die DA besef hoeveel blanke stemme hul hierdeur gaan verloor

Boerseun ·

Elsa: Die DA is ANC Lite. Hulle gaan NIKS vir die witman en die Boer doen nie. Hulle ondersteun alle ANC-wetgewing. Zille het dan ANC-terroriste in haat huis weggesteek! Hulle vry na swart stemme en voel vere vir ons. Die DA is die ideologiese kinders van hulle wat ons mense in die Tweede Boerevryheidsoorlog in die kampe doodgemartel en ons Boererepublieke vir Hoggenheimer gesteel het!

Leon ·

Die DA sal nie help nie. Dis ‘n blanke wat aangeval is. Hul sal hulself uitspreek daarteen, maar dit sal hul politieke agenda om die swart meerderheid oor te wen, skade berokken om enige daadwerklike hulp aan die blankes, en spesifiek die Afrikaner, te bied.

Louis ·

Die DA doen net wat in belang is van die meerdere steun – Om iets aan die plaasanvalle te probeer doen sal nie vir hulle die meerdere steun wen nie. Die plaasmense is ongelukig nie deel van die meerdere groep in Suid Afrika nie. Die DA stel net belang om ‘n sterk opposisie te wees. Een van die sinnelose redes waarom ons mense vir hulle stem.

Wag jy regtig vir die DA?? ·

Whaaaaaaaa die DA? Die DA gaan niks doen nie, hulle is besig om die laaste wit vrou uit die DA te werk sodat dit net ‘n SWART DA kan word sodat hulle saam met die EFF kan smelt en plaasonteienings kan doen sowel as RADIKALE ekonomiese transformasie . hulle is besig om die wittes ORAL uit te werk en te verneder en te onderdruk .. DA is ‘n GRAP!

Mari ·

Bring die doodstraf terug dan sal mense se lewens weer waarde kry. Die moordenaars weet hulle kom niks oor nie en sal nie ophou nie.

Leon Venter ·

Besef ons regtig watter vernedering hierdie persoon moes deur maak tydens haar aanval sterkte aan haar en my gebed is Vandag dat ons Skepper haar ten volle sal genees

Showahed ·

Ek as ‘n man wat op ‘n plaas groot geword het voel skoon naar as ek hierdie storie lees…. Blackie jy is sterker as die beskermde wild en sal dit maak… moenie dat hierdie breindood verskoning vir ‘n mens jou te bowe kom nie… aan die einde van die dag gaan ons almal betaal vir hulle verblyf in ‘n 5 ster gevangenis… nie waar nie?

Vicky ·

My hart is stukkend!!! Dit kan my ma ook gewees het. Hoe bang moes sy nie gewees het. Ons praat en praat……maar die dag as die Here intree sal die gemors nie gespaar bly. Jy is reg Willie sê ons wat ons regtig voel word ons toe gesluit. As iemand net aan my kan verduidelik hoekom die wit vel vir hom ñ bedreiging is hulle het alles. Sterkte vir die tannie en haar familiie?

anita breydenbach ·

Mag die Here jou toevou in sy arms en jou teen sy hart druk en in jou oor fluister oor sy oneindige liefde. Met sy genade sal jy weer opstaan.

petro ·

Daar is groot ophef gemaak toe die boyfriend van Karabo Makwena vermoor het en die Pieters dogtertjie maar hoekom is zuma nie nou ook by die famalie nieom sy meegevoel te betuig nie ek vra maar net hy sal dan nou so kamma sterf vir die wittes

Nel ·

‘n Mens kan nie een woord glo wat uit daai psigopaat se mond kom nie!!

Irene ·

Gee nie om vir wit mense as dit gebeur nie slegte goed wat dit doen

Justice ·

En dit terwyl Zuma hom dood vreet aan samoosas en chili bites in Saxonwold. Sterkte me. van den Berg – jy is in my gebede deur hierdie ontsettende moeilike pad van herstel.

Pastoor ·

Jesus Leeu uit die Stam van Juda. Ons buig laag voor U Vader. Dink aan ons in ons uurvan nood. Dankie Here sy lewe nog. Ek bestraf hulle werke in Sy Magtige Naam. Here datdaardie skelm moordenaarsgevang word. Hulle geen reg om sulke dinge aan tevang nie

Pastoor ·

Jesus Leeu uit die Stam van Juda. Ons buig laag voor U Vader. Dink aan ons in ons uurvan nood. Dankie Here sy lewe nog. Ek bestraf hulle werke in Sy Magtige Naam. Here datdaardie skelm moordenaarsgevang word. Hulle geen reg om sulke dinge aan tevang nie ai

john samuel ·

Pastoor, Hy het ons in hulle hand oorgegee. Dinge gaan nie gou verander nie.

Michael ·

As gelowige mense so vermoor en verneder word dan begin ek wonder

nouwatnou ·

Dis verskriklik!! . Mense hou julle honde in die huis by julle!! Dit is beter beskerming as diefwering of selfs n geweer.

Jaco ·

Beter as n geweer?! Jys seker laf. Dit is juis nou tyd om met jou vuurwapen langs jou te slaap en behoorlike opleiding met hom te doen. Honde help nie teen die wreedardige “mense” nie net vuur warm lood…..

nouwatnou ·

Ek stem n geweer is nodig en ja stem ook geweer is niks werd sonder opleiding nie. Dis net soveel gevalle waar mense net nie betyds kon reageer of hier, uit paniek, raak skiet nie. Honde dink nie en is onvoorspelbaar. Ons het al in baie huise gewoon en oral om ons is ingebreek en aangeval..oral waar ons al gewoon het. Selfs die bouers by ons het eerder ons bure ge’target’ na hul by ons gebou het. Ek glo dat die feit dat hul nie die homde kon afsper of weet waar hul is nie het hul afgeskrik. ..’just giving my 2 sents’

Cherokee ·

‘n Geweer is 2de keuse vir selfverdediging. Wat nodig is, is ‘n handwapen soos ‘n pistool of rewolwer (ek het albei). Julle klink asof julle nie werklik weet waarvan julle praat nie.

Gustav ·

Skiet mense, skiet. As hy probeer om by jou huis in te kom, skiet. Moenie waarskuwingskote skiet nie, moenie oor die kop of na die been skiet nie, skiet om dood te skiet. En as hy val, skiet hom weer. Moet nooit moeilikheid gaan soek nie en val self niemand aan nie. Maar as hy jou bedreig, skiet hom en skiet hom weer. Oefen, oefen, oefen… dink jou by elke scenario in. Wanneer dit regtig gebeur, moet alles werktuiglik plaasvind. Visualiseer die situasie. Bly kalm, beheer jou asemhaling en skiet hom.

dirk L ·

Na ‘n afgryslike jaar besef mens dat ons mense nie meer alleen op plase mag woon nie. Dis ontoelaatbaar as jy in ag neem watter trauma jou gesin en familie moet deurmaak as hul halstarrige familie vasklou en weier om in veiliger plekke te woon – dit is nie OF jy aangeval gaan word nie, net wanneer . Dit geld ook gewone mense in dorpe en stede. Jy kan dit nie meer waag saans buite ‘n veilige plek nie en jy kan niemand vertrou nie. Ek wens mense wil hul nabye omgewings bestudeer . Ken hulle die statistieke ? bestudeer dit http://www.crimestatssa.com/index.php. sterkte aan die dame en haar gesin.

Pietskiet ·

Ek lees elke dag ons moet glo.en vertrou maar wragtig ons volk word wreed vermoor hoe kan ons nog glo.God gaan ons kom help ek.wil so graag glo.maar elke dag sien jy n boer of sy vrou is verniel of vermoor ons as n Nasie moet begin om self reg te maak om hierdie satans werke te beveg

Voortrekker ·

Hoe het die Voortrekkers gemaak?Sanna onder die een arm en die Bybel onder die ander arm.
Dit help ook nie mens het n vuurwapen en weet nie hoe om dit te gebruik nie.

Pastoor ·

Kerke sal moet 24 uur bid teen hierdie aanslag. Dit moer STOP IN JESUS NAAM

Janraap ·

Mense, vergeet asb van waarskuwing skote. Jy mors patrone. Daar is geen wet wat jou verplig om hom te waarsku nie. Hou daai waardevolle patrone vir die sleg varke. Veral as jy net ‘n rewolwer met 6 skote het. Hulle kom nie koffie drink nie. Kry opleiding, oefen en skiet om hom in sy spore te stop!

LB ·

Ons moet reageer asof in ‘n oorlog, want ons is lankal reeds daar. Meer mense word vermoor as wat in die in die oorlog gesterf het en baie wreder word die aanvalle. In die lug skiet laat hulle nie meer skrik nie. Sit die lig af, wag hom in en skiet raak! Mense moet oefen, noodplanne hê wat in hul kop geoefen word elke dag sodat jy instinktief kan reageer op elke gebeurlikheid. Of dit nou in die huis, buite die huis of in jou kar is, beplan hoe jy gaan maak en gaan dit gereeld met die huismense deur sodat julle nie oormekaar val nie. As jy ‘n geluid hoor, reageer net… al skrik jy 100x vir koue pampoen, No. 101 is dalk jou noodgeval. Waar is ‘n veilige kamer in die huis waar jy kan skuil met mure tussenin weg van ‘n venster of deur? bêre daar pepersproei, ‘n flitslig, ‘n ekstra foon of wat ookal jou gaan help maar maak ‘n plan want jy kan volgende wees! Niemand is meer ‘n uitsondering nie. Maar hart breek as ek daardie vrou en ander se verhale hoor!

spook ·

Ek is kwaad en bang, maar ek weet ek sou nie verder wou leef nie. Sterkte tannie, ek is so bitter jammer!

Frankie ·

Dalk is dit tyd om ’buite die boks’ te begin dink oor hoe ons in die lang termyn ons boere kan beveilig. Ek gryp nou sommer idees uit die lug…het geen idee hoe prakties en realisties dit vir SA is nie…maar ons moet iewers begin kreatief dink…. Ek het vir 2 jaar in Israel gewoon en op ‘n plaas in die Negev woestyn en op ‘n plaas in die Golan Hoogte gewerk. Beide in hoë risiko areas. Die plase was deel van baie suksesvolle ‘moshavims’ – maar anders as ‘n kibutz het die inwoners vir hulsef gewerk. ‘n Groep boere en klein besigheidsmense wat saamkom en ‘n mini gemeenskap skep, suiwer ter wille van sekuriteit. 10 of meer huise – gewoonlik met ‘n klein kruideniersware winkeltjie, ‘n gemeenskapsaal en ‘n dagsorg. Die hele woongebied en ‘dorpie’ area is omring deur sekuriteit heinings en lemmietjiesdraad – met net een ingang en 24 uur sekuriteit vir beide die woongebied – asook die boere en hul werkers waneer hulle in die landerye is. Die Israeliese weermag voorsien die sekuriteits personeel, voertuie ens – wat nie in Suid Afrika gaan gebeur nie. Maar miskien kan ons boere onder mekaar sekuriteits verwante uitgawes – soos die salarisse vir die sekuriteits personeel ens deel. Die opset skep ook die geleentheid vir mikro boere – wat alleen woon – om in veiligheid te kan boer. Soos ek sê, dis net ‘n gedagte. Blackie, BAIE liefde en sterkte.

In jou drome ·

Ons mense groet mekaar nie eers nie, kyk net waar hulle mekaar kan inloop en beskinder, waar gaan hulle nog hande vat en na mekaar kyk? Dis net elkeen vir homself.

Oom Jan ·

Nee jong oom Sarel en oom Johannes sal nie hulle plase wil verkoop en gaan boer daar waar oom Jasper boer nie, elkeen wil op hulle EIE plaas bly … niemand wil opofferings maak en na EEN rigting toe trek waar veiligheid beheer kan word nie .. ja ja . . se maar ek is nie ‘n plaasboer nie, nee ek is nie, maar ek het ook in die STAD na ‘n BOOMED area getrek waar ek beskermd is .. Ek weet NIEMAND wil sy plaas of huis opgee nie, maar julle word VERMOOR daar waar julle dink julle veilig is, julle sal MOET begin saamkoek .. !! Werk ook met AGRI SA . hulle het planne maar niemand wil luister nie.

Bella ·

Dus babaars die doodstraf moet terug kom in ons land voordat al die Boere en hulle gesinne vermoor en verkrag word. Ek bid dat God sal ingryp om ons mooi land te beskerm.

Een vraag ·

“Skiet maar, ons kom vir jou.” Is dit ‘n algemene stelling by aanvalle of het sy voorheen moeilikheid gehad met die aanvallers?

R.C ·

Die vroue, kinders, bejaardes en diere word darem wreed verkrag en doodgemaak. Klad op ons wit mans se naam.

maia ·

Ai eks verskriklik jammer om die afgryslik storie te moet lees. Maar ja honde buite beteken ongelukkig niks. Wens die mense wil paraat raak

Cherokee ·

Hy breek die deur oop en sy staan voor die deur en skiet die rewolwer leeg sonder om een maal te tref. Waarvoor het sy ‘n rewolwer? Miskien die eerste keer wat sy dit gehanteer het? Miskien wòu sy hom nie doodskiet nie? Ek het nie antwoorde hierop nie maar sy skiet ‘n rewolwer leeg op ‘n groot teiken een meter voor haar? Sy was helder genoeg om hom te dreig.
Maar sy skiet ‘n hele magasyn leeg op ‘n afstand van minder as ‘n meter. Mense wat vuurwapens het moet weet hoe om dit te gebruik.

S ·

Sy het dalk só gebewe van angs en paniek dat sy dit nie kon regkry nie. Jy weet nie wat deur haar gedagtes gegaan het nie, onthou sy was vrou-alleen en het besef in watter gevaarsituasie sy was. Sy het gedink hulle sou skrik vir die skote maar hulle het net voortgestorm; dit moes haar heeltemal ontsenu het! Moenie die slagoffer beskuldig, verwyt of verder verneder met jou neerhalende aanmerkings nie – dit was nie jy nie…

Apache ·

Ai nee Cherokee, elke persoon reageer verskillend op vrees al is jy die beste skut in die wereld, sy was alleen sy was geintimideerd, syt was bang, hulle het haar gedreig en op haar geskreeu en die deure met spitvurke oopgekap en gebuig. Daar het iemand eenkeer aan ons deur gehamer, en ek was alleen by die huise met my baba, ek wou bel maar kom om de dood nie die regte nommers op die foon druk nie .. ek kon nie eers BEL nie, wat nog te se skiet? ASB dit is NIE haar skuld nie en al was sy ‘n springbokskut .. sy skrik jouself in ‘n floute in . en NATUURLIK vir iemand wat nog nooit iemand anders doodgemaak het nie, is dit nie net maklik om iemand se lewe te neem nie . .. HAVE A HEART!!

Ben Prinsloo ·

Ai mevrou weet u hoe gaan my hart uit na u. Ek wil u egter nie kritiseer nie maar ek wil vir al die dames wat hier lees net baie mooi vra om asseblief vir oordentlike wapenopleiding te gaan asook vir opleiding om te weet wat om te doen in soortgelyke situasies. Laat al die dames wat hier lees hulle asseblief sal voorberei om die beste te maak van so n situasie. Sterkte en spoedige beterskap word u toegewens.

Aster ·

Magtig! Ek weet nie meer wat om te sê! SA is nou ‘n aaklige plek!

mallemeule ·

bianca jy “SÊ” so baien vertel ook asseblief hoekom jou ma oo haar eie, alleen op n plaas woon en nie by jou nie.

Carin ·

Mallemeule – so wat is die kriteria om alleen op ‘n plaas te mag bly? Of mag niemand meer nie, bestaan daai vryheid nie meer nie? My eie ouma is in haar huis binne in die dorp aangeval. Is dit nou haar kinders se skuld? Of is dit nou haar eie skuld dat sy haar onafhanklikheid wil behou. Jou fokus op die ‘skuldige’ slagoffers is regtig onsmaaklik.

Gebede help niks ·

Ek het jare lank die Here gedien maar eerlikwaar ek kan nie meer nie.
Ek dink as pastore of mense se die Here slaap nooit verstaan ons dit verkeerd.
Ek sal ook nie kan slaap as ek sulke goed toelaat en net niks doen nie.
Wat my breuk is die tannies en mense waarmee sulke goed gebeur is meeste van die tyd sulke goeie christen mense, ek belowe jul in hul oomlik van nood het hulle na God geroep en raai wat??? Niks…
Na Angus het ook niks verander nie. Wat van christene se ander woorde, kom ons doen di moontlike en los di onmoontlike vir hom??? Hoekom is Hy nerens???
Waar is maroela se Jaco strydom ook nou wat mening stukkies mag skryf. Hy kon mos nou di dag wit afrikaners so eenvoudig laat klink en hy hou hom ook so gelowig. Maar lyk my oor di kwessies is hy bja stil. Wonder maar as dit sy famili was sou wit mense nog so aangeval word in sy stukke?
Een nee ek val ni christene aan nie behalwe dalk vir Jaco want hy is maak die mense waarmee die goed gebeur eenvoudig in sy stukke.
Ek hoop regtig ek is verkeerd en dat God gaan inspring en ons red, maar na jare se gebed en vas en als waaraan n mens kan dink, dink ek n mens moet maar self n plan sien en jouself help.
Mag al die families sielkundig en fisies herstel wat deur sulke situasies is.

Die vermetelheid darem ·

Ag ou “gebede help niks”, die mense het presies gekry wat hulle wou gehad het en voor gestem het: ‘n land sonder God. Nou moet God volgens jou “inspring en ons red”. Hoe banaal is jou woordkeuse nie, hoe vermetel om God te wil afpers met jou sogenaamde dienaarskap! God sal red wie Hy wil red. Prys en loof Sy Almagtige Naam, tot in alle ewigheid!

Die vermetelheid darm nommer2 ·

Die vermetelheid darm?
Jy is n tipe christen wat ek glad ni verstaan nie en die vermeethelheid van jou woorde.
So di tannie het ja gestem en gekry wat sy verdien het volgens jo???
En Hy sal red wie Hy wil??? So is sy benede dit om gered te word? Is jou familie dan is di skip van waardige mense wat gered mag word?
En asb onthou jou woorde en loof en prys Hom wanneer jou famili dit deurgaan want dis mos wat ons wou he???

Sannie ·

Die ware boere soos Hans Dons en Andries Potgieter sou ń kommando georganiseer het en die boosdoeners te perd gaan jag het. Nie ń bang haar op hul koppe gehad nie.
Vandag wil ons sit en bid. Of ons drink ń brandewyntjie en dans soos boesmans in die stof, ag so oulik.

Joe ·

Mev, my hart breek in n duisend stukke vir jou en jou familie. Watse kwaliteit lewe sal jy na die traumatiede ervaring he. Here in U naam pleit ek U hand oor hierdie familie. Ons bly self op n plaas en her nou ons kamer venster toe gebou en lewe in n grot wat nie kan brand nie. Dit is waarna toe ons gedwing word. Het nie meer n kamer venster om n nuwe dag te sien breek nie. Ons lewe in n tronk. My broer het spesiale versterkte veiligheids hekke met ripple bar en wat nog gemaak orals in die huis en moet deur 4 van daai hekke kom om by ons uit te kom maar ek weet dis steeds nie genoeg nie. As vrou kan ek beter skiet as kos maak want dis wat deesdae meer belangrik is. Ons besef dis nie of n plaasaanval gaan gebeur nie slegs wanneer. En wag staan is deel van my lewe. Ek werk ook voltyds en die tipe lewe is hard want dis min slaap en moet die onverwagte verwag maar ons gaan beslis terug baklei met als wat ons het. Sterkte vir hierdie mense en mag julle die hulp en krag kry om hier deur te kom. Ek stem saam, die arme vrou se vrees moes verskriklik gewees het en buiten maroela media, waar is morning live en wie nog om hierdie storie te dek? Maar one almal het mos reeds daai antwoord.

Tracer ·

Komplemente, FW en kie en al die “Ja stem” en “DA” “luitenante”. Júlle het hierdie TRAGEDIE oor ons laat losbars en julle volgehoue eiewysheid, vreesagtigheid om op te staan vir wat werklik reg is, en “traak my nie” -agtige selfregverdiging blaas hierdie vure wat julle begin het net nog verder aan. Wat ‘n gemors. Dankie , hoor?

liza ·

Dit is prysenswaardig, dat jy bereid is om soveel “detail” aan die publiek bekend te maak. Ek is onlangs self aangerand in ‘n veel geringe mate en besef ietsie van hoe dit voel as die houe kom. PRAAT, moet nie stilbly nie!!! Vertel vir die wêreld wat gebeur het en wat aangaan. God alleen kan iets goeds hieruit laat kom. Mag jy ‘n spoedige herstel pad ervaar na fisiese en emotionele genesing. Mag jy in al opsigte sterker ander kant uitkom na hierdie onmenslike daad wat aan jou gedoen is. Prys die Here dat jou lewe gespaar is….jou roeping is nog nie voltooi hier op aarde nie en daar is baie mense wat jou nog nodig het. Jy is meer as ‘n oorwinnar.Sterkte!!!

anton ·

Amelda, wysste en waarste woorde wat ek lanklaas iemand hoor praat het!!!

Les ·

Nadat ek al die kommentaar gelees het kan ek met blyskap sy die Here is groot. Een van die verdagtes het ‘n klein bybel by hom gehad met sy naam en van daarin wat uit sy sak geval het tydens die aanval. Dus hoe hulle toe opgespoor en gearresteer is.

Erick ·

Ek bid dat God ‘n weermag sal oprig uit ons uit om wraak te neem op al ons vyande en ons vry te maak.

Con ·

Erick,
Jammer om te sê maar jy gaan lank bid.
Doen dit eerder self en dit sal baie vinniger gebeur.

ODilhea Keulder ·

Mnr Zuma, jy is ñ lafaard. Jy laat toe dat onskuldige vroue, mans en kinders aangerand, verkrag en verrmoor word. Witmense!! Jy pleeg volksmoord, jy is skuldig aan moord OMDAT jy nie ingryp nie. Trawante soos Juluis en sy gespuis maak en sê net wat hulle wil en jy hou jou doof. Mag God self jou oordeel vir wat jy doen. Jy is ñ skande vir Suud Afrika! Ons eie dogter is ook aangerand en verkrag op 17! Mev, niks wat enige een sê en doen gaan jou seer en pyn wegvat nie, dit is ñ helingsproses op sy eie. Maar ek bid vir jou!

gerrit reesberg ·

niemand in die wereld gee ‘n vlenter om nie. vlug, gaan waar jy kan “miskien” veiliger kan wees. niks sal verbeter of verander of versleg sonder daadwerklike ingryping deur mense hier in die land nie. My grootste sterkte aan jou mevrou.

Werner ·

Jakobus praat van geloof en daad help nie jy bid net en doen niks verder dan moet jy bid en jou wapen vat kry goeie opleiding dan sal jy reg wees

toy ·

Ek is nou soooo kwaaaad ek verwens hulle wat dit aan haar gedoen het!!!!! Sy verdien dit nie.!!!!!!!

Zuquina ·

Ek huil nou soos ek hier sit….jammer tannie dat dit met jou en met talle ander onskuldiges en nog met meer mense gaan gebeur…dis sooooo onregverdig.

Nic ·

Ek is so moeg daarvan om elke dag te lees hoe onskuldige mense gemoor en verkrag word.
Laasweek Hannah, hierdie week Blackie en wie weet hoeveel tussen in!
As die stof gaan lê het van hierdie week se nuus raak Hannah en Blackie net weer nog ‘n statistiek of ‘n naamlose wit kruis tussen duisende ander.
Dit maak mens siek – wie de hel dink die vetters is hulle om lewens te neem asof hulle god is?
Hoekom is die res van ons so lam gelê? Hoekom staan ons terug en leef daagliks voort so asof dit nooit met ons gebeur het nie……net omdat ons dalk nog nie persoonlik geraak is nie.
Kom ons wees eerlik…..
DIT HET MET ONS GEBEUR! ELKE KEER AS DIT MET IEMAND GEBEUR , GEBEUR DIT MET ONS!
Maar lyk my iewers was ons nog’n nasie. Wat is ons nou?

Anoniem ·

Is dit nie ook n goeie rede om die hele Delareyville se lokasie af te brand nie ? Dan kyk ons of daar ook niks aan ons gedoen sal word nie.
Baie sterkte my tannie. Hoop vir vinnige beterskap.

Johan. H. ·

Nic jy vra hoekom is ons lam gele,,, Die antwoord is ,ons is wit, wat kan ons doen se my dan doen ek dit, omdat ons wit is en jy doen iets sal jy so vinnig gevang word , want hulle sal alles opoffer om jou te vang, WANT ONS IS WIT, Ek het ook i gesin. moet ek nou alles opoffer om wat te doen,,,

Riaan ·

Nou net deer gekom n plaas aanval op Makwassie Wesselsbron pad hoop die mense is OK.Hoop die boere vang hulle en doen aan hulle wat hulle aan die boere doen.

Hulda ·

Wat bly vir ons oor. Vlug? Waarheen. Hoekom doen die ander partye NIKS. Ek gaan nie meer stem nie

karin ·

Die DA en ander partye moet ophou om hul “kommer” uitspreek en nou iets begin doen. Ek is dankbaar die vrou het oorleek. Só jammer sy moes hierdeur gaan. Die doodstraf moet terugkom. N oog vir n oog ……en dis nou finaal. Hierdie gaan stop. Ons sal ook ini nag gaan en klaar maak waarmee hul begin het. Ons sal reg laat geskied, want ons het die brein-krag. Niemand beskerm ons wit mense nie…nou sal ons dit self doen.

Hartseer ·

Ek sit met trane wat loop,ek weet nie hoe mens ooi weer kan herstel na so iets nie,mens verstaan nie hoekom so iets gebeur nie…..Sterkte Tannie ?

Riaan ·

Net n vraag.
Kan ons welgestelde boere, in die land, nie minder gegoede boere, ook op plase bystaan met plaasbeveiliging, dmv alarms en kamera stelsels nie. Dit is tog belasting aftrekbaar. Hoekom die geld, in n korrupte regering se staatskoffers laat beland. Wend dit eerder aan, om mede kultuur genote, te beveilig en betaal minder belasting!

Richie Rich ·

NEE O hel ken jy ‘n ryk boer? Hy sorg net vir homself en sy familie … die MEESTE gee nie eers iets vir liefdadigheid nie. Hulle maak net bymekaar en laat erf die kinders alles wat in weelde leef .. moet se daar is seker uitsonderings maar EK ken ryk boere, en hulle LOVE hulleself en hulle kinders is spoilt brats .. hoekom sal hulle sukkelende boere help? Dit is mos hulle eie skuld as hulle sukkel en die rykes nie. Dit is hoekom die Bybel praat van die ryk man se kans om in die hemel te kom en die kameel wat deur die oog van ‘n naald moet gaan ..

Patrys ·

Kyk bietjie mooi na wat aangaan in ons land. Dit mag dalk heeltemal “random” lyk, die plaasaanvalle, die betogings, kapings, rooftogte en al die res……. Kyk mooi, daar is taktiek daar agter. Dit begin by propoganda – sekere politieke partye se verkiesingsveldtogte, dan vrees – vrees vir n vyand waarteen jy nie kan baklei nie wat jou permanent aanval en teister, dan die bekoming van toerusting en voorade – rooftogte. Ek dink julle kry die idee….hierdie is die begin stadium van volskaalse oorlog.

Tessa ·

Ai tannie dis verskriklik. Dankie tog dat die bure opgedaag het anders het hulle haar verseker dood gemaak. Net jammer hulle gaan nou gemaklik in die tronk sit op my belasting geld!!!!

Pierre ·

Die DA is ook maar net so USELESS en draai n blinde oog… Ons moet vir onsself sorg en net in God glo, anders gaan ons nie oorleef nie.

Whitey ·

Dit is wreder as wreed en MOENIE vir jy se jy is ‘n ROWER as jy spesifiek vir haar gese het jy soek HAAR om HAAR te verkrag nie, en ‘n ysterhek OOPBREEK om by haar uit te kom nie. Roof is net ‘n BYSAAK, dit gaan oor die vernedering en die MAG wat hulle as VERKRAGTERS oor die vrou uitgeoefen het . dit is walglik, ek beskou dit nie as mense wat sulke goed aan ‘n onskuldige vrou doen nie . WAT het sy gedoen of was sy net WIT??

Lizl ·

Goed, sy details is in `n Bybel gevind. Hy gaan vervolg word. Gaan ons almal opdaag by die hof en aandring op geen borg? Gaan ons aandring dat dit `n uiters wrede seksistiese rasse aanval was en die swaarste straf denkbaar moet toegepas word ? Gaan ons aanhou en aandring dat hierdie geval die TV Nuus haal ? Nie ? Dan mors ons mos tyd en mag ons nie verder ons monde uitspoel hier. Dis TYD laat ons hierdie goed nie langer ignoreer en toelaat nie. Daai ou tannie het dit nie verdien nie

Hannetjie Harvie ·

Waarskuwings skoot. Wie gaan so n vark waarsku, wie gaan tel hoeveel skote is geskied? As jy ongenooid in my huis inkom deur my deure af te breek, gaan ek jou nie waarsku nie, en jy sal beslis nie in staat wees om te weet hoeveel skote is geskiet nie.
Hou asseblief op om hierdie dame en haar kinders te veroordeel omdat sy aleen bly. Sy lyk vir my na n agtermekaar, hardwerkende boervrou, en dit is seker haar keuse. Hoekom moet ons almal ons lewens verander sodat die varke ons nie bykom nie. Nee Mevrou, ek is trots op jou, jy laat die feit dat jy aleen is jou nie onderkry nie, en jy was ook nie bang om jouself te verdedig nie. Ons bid jou n spoedige herstel toe, fisies en emosineel.

Rose ·

Hulle sal voortgaan met die gru moorde ens….daar is NIKS wat hulle keer nie…die wonderlike land van ons waar hulle nie nodig het om die wette te gehoorsaam nie…dan praat ek nie eers van onmenslikheid nie – van die duiwel self se ek!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.