Vrou steeds in koma ná Modimolle-skietery

Chrisna en Botes van der Merwe. Foto: Facebook

Die vrou wat in ʼn beweerde voorval van huishoudelike geweld op ʼn gholflandgoed by Modimolle in Limpopo geskiet is, word steeds in ʼn geïnduseerde koma gehou.

AO James Findlay, woordvoerder van die plaaslike polisie, sê hy het nog nie sedert Vrydag terugvoering oor Chrisna van der Merwe se toestand gekry nie, maar die dokters was van plan om haar sowat vyf dae lank in die koma te hou. Sy sal dus na verwagting binnekort bygebring word.

Dit het intussen aan die lig gekom dat Chrisna se man, Botes van der Merwe (46), drie keer in sy bors en maag geskiet is in die voorval verlede Dinsdag in hul huis op die landgoed Koro Creek.

Botes, ’n beroepsjagter, het twee dogters uit sy eerste huwelik, met Teresa Botha, Celiné (21) en Jané (18). Celiné en ʼn vriendin was by toe die skietery plaasgevind het waarin haar pa dood is.

Marietjie Shelly, kommunikasiebestuurder van die Netcare-hospitaalgroep, kon Dinsdag by navraag nie sê hoe dit met Chrisna gaan waar sy in die Unitas-hospitaal in Centurion behandel word nie. “Volgens wet mag ons geen inligting oor pasiënte gee nie,” het sy gesê.

Findlay het intussen gesê die twee pistole wat op die toneel gevind is, word tans ondersoek om te kyk watter een gebruik is in die skietery. Dit kan geruime tyd duur voor die uitslae van hierdie ondersoek beskikbaar gemaak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tokkolos ·

Maar dis mos maklik die pistool met haar vinger afdruk is mos die moord wapen
Ek twyfel hul het hulself geskiet
Ai die arme dogter wat moes aanskou wat met haar pa gebeur het
Hoop die dame herstel gou dat sy kan vertel wat het gebeur
Dis baie sad
Sterkte aan familie en friends ?

kolla ·

Die dogter was dan ‘n ooggetuie so die polisie weet reeds wat gebeur het.

Bea ·

Hierdie tyd van die jaar… moet almal gelukkig wees… dis Kerstyd, n tyd van gee en omgee, dit is so jammer dat die twee mense hul verskille op so n manier moes uitsort, ek voel bitter jammer vir die dogter wat als moes sien gebeur? dit is n prentjie wat vir altyd in haar kop gaan bly…. sy sou ook kan getuig wie het eerste begin skiet. Sterkte aan Chrisna mag sy gou hestel, daar wag n lang en swaar pad vir haar?. Sterkte ook aan die Familie wat deur al die hartseer moet gaan. Mag die vrede van Jesus met jul wees…

IK ·

N.a.v. die wet wat verbied dat die toestand van ‘n pasiënt nie bekend gemaak mag word herinner my aan die ware gebeurtenis waar ‘n ma navraag gedoen het oor haar seun en die antwoord ‘dit gaan goed met hom’ terwyl hy alreeds ‘n week ontslaan was uit die hospitaal.

Mariaan ·

Hierdie is n vreemde storie…maar ja n tragedie verseker…..sterkte aan almal betrokke hier…hoop die vroutjie oorleef en herstel

Gewete ·

Mense

Los asseblief die spekulasie.

Hê respek en deernis vir die mense en die kinders wat hierdie tragedie meë moet saam lewe en laat die ondersoekers kans om die volle waarheid te laat uitkom wanneer en soos toepaslik is.

Dankie

Zina ·

Money is the root to all evil.

Mense trou vir liefde asb. Geluk is beter en oorwin alles. Rykdom is nie jou lewe werd nie. Ja dis lekker maar tot op n punt.
Ons moet terug draai na God en lewe soos hy wil hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.