Vrou steek driejarige glo 99 keer met ‘n mes

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vroulike familielid van ʼn driejarige dogtertjie is in hegtenis geneem nadat die kind dood aangetref is met 99 steekwonde, het die polisie in die Vrystaat Dinsdag gesê.

“Die 23-jarige vrou is Maandag in hegtenis geneem,” het Molebogeng Lechesa, woordvoerder van die polisie, gesê.

ʼn Ma het Vrydag haar twee dogters, onderskeidelik drie en 13 jaar oud, by ʼn familielid gelaat toe sy gaan werk het. Toe sy terugkom, het die oudste dogter gesê die familielid en die driejarige, Karabo Nale, is winkels toe om lekkergoed te gaan koop en het nog nie teruggekeer nie.

Karabo se ma is na verskeie huise om die twee te soek, maar kon hulle nie opspoor nie. Sy het haar dogter as vermis aangemeld by die polisie.

ʼn Veewagter het haar liggaam Sondag in ʼn oop stuk veld aangetref.

“Daar was ʼn pakkie Niknaks-skyfies en lekkergoed langs haar liggaam. Haar gesig was met ʼn trui bedek,” het Lechesa gesê.

Die polisie in Odendaalsrus het die familielid Maandag in hegtenis geneem nadat hulle ʼn wenk ontvang het oor waar sy haarself bevind. “Die polisie het ʼn oopknipmes met bloed daarop gevind en haar klere was ook met bloed bevlek,” het sy bygevoeg. “ʼn Nadoodse ondersoek het Dinsdag bevestig die kind is 99 keer met die mes gesteek.”

Die motief vir die moord is nie bekend nie.

Die vrou sal na verwagting Woesndag in die landdroshof in Odendaalsrus verskyn op aanklag van moord. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa ·

Dis siek verby! Die arme onskuldige kindertjies wat so moet boet vir grootmense wat al hulle varkies verloor het. Die arme kind is haar lewe ontneem. Die “familielid” het ook nie die reg om te lewe nie. Bring terug die doodstraf!

AmY ·

Ek kan regtig nie verstaan waarom dìé gebeur het nie. gebeur het nie?

Dis ‘n onskuldige kind van net drie jaar oud.En dan is dit boon-op ‘n familielid wat dit aan haar gedoen het!!!

Waks ·

Dis wat dit so seer maak die persoon wat die kind dood gemaak het is familie, nou moet jy as die ouer in die hof gaan sit en na di saak luister. Sy sal weer gestuur moet word vir waarneming want dis abnormale gedrag meer en meer sieklike dade ons moet bid sonder ophou mense BID.

Jasper ·

Nee wat. Maroela stem nie saam dat barbaarse dade deur barbare gepleeg word nie. Dus was al die mensvreters wat ontdekkingsreisigers opgevreet het nie barbare nie . Seker ook geestelik versteurd gewees

Theresa ·

Ja nee. Die mense het almal mal geword. Dis omdat niemand meer die Here dien nie. Hulle kyk na die lewe met hulle eie oë en nie met God se oë nie. Dis angswekkend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.