Vrou steek glo dwelms in kos weg

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 20-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo op Nuwejaarsdag dwelms, wat in kos versteek was, na ʼn gevangene probeer smokkel het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het by die Port Shepstone-polisiestasie aangekom om by haar 30-jarige vriend te kuier. Die vriend is in aanhouding op aanklag van die besit van dagga

“Die vrou het gevra of sy ʼn houer en sak met kos aan die gevangene kan oorhandig. Polisiebeamptes was agterdogtig en het die roomysbak met bredie deursoek, toe hulle op drie sakkies dagga afgekom het.”

Die vrou is onmiddellik in hegtenis geneem. Sy sal binnekort in die Port Shepstone-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris Ws ·

“Slimtwak” laat nie -slimmes nog dommer dinge doen!10 uit 10 vir die SAP lede wat so op en wakker is!

CHRISTA ·

Hulle leer maar net nie hulle les nie – sit in ‘n sel en karring nog met dwelms!!!

Jan maak n plan ·

Aag nou wat is die probleem, al die tronke het ook dwelms en dagga in. Sy wou seker net nie mededeelsaam wees nie.

charlene ·

Hy is kla in die moeilikheid, en nou smokkel sy nog dagga in ook. Aan die beamptes moet ek sê puik werk, daar is so baie beamptes wat nog `n ongelooflike goeie werk doen hou so aan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.