Vrou steek glo man met gebreekte spieël dood

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 31-jarige vrou is die naweek in hegtenis geneem ná sy ʼn 47-jarige man, die pa van haar kind, met ʼn gebreekte spieël doodgesteek het.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 Saterdag in Rouxville in die Vrystaat plaasgevind.

“Daar word beweer die oorledene het die vrou na sy woning wat hy huur, laat kom om geld vir hul kind af te haal,” het Ngcukana gesê.

ʼn Rusie het tussen die twee ontstaan en die vrou het na bewering die man met ʼn gebreekte spieël aangeval. Hy is dood weens ʼn noodlottige steekwond in die boarm.

Die man is op die toneel dood verklaar deur paramedici.

Volgens Ngcukana is die vrou op die toneel in hegtenis geneem. Daar is ook beslag gelê op die moordwapen.

Die vrou sal Dinsdag in die Rouxville-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.