Vrou steek glo man oor geld dood

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Oos-Kaapse polisiebeamptes het Saterdag ʼn 58-jarige vrou in hegtenis geneem nadat sy ʼn 31-jarige man glo tydens ʼn rusie oor geld doodgesteek het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die man en vrou het albei ʼn tradisionele seremonie in die Ngxutyana-nedersetting naby Willowvale bygewoon. “Omstreeks 21:00 het ʼn rusie tussen die twee ontstaan, na bewering oor geld, wat vermoedelik tot die man se dood gelei het,” het Manatha gesê.

“Die vrou het na bewering ʼn mes uitgeruk en die man in sy bolyf gesteek. Hy is op die toneel dood.” Volgens Manatha kan die man se naam nie bekendgemaak word voordat al sy naasbestaandes van sy dood ingelig is nie.

“Die vrou is op die plek in hegtenis geneem en die mes wat glo tydens die moord gebruik is, is in haar besit gevind,” het hy gesê. Die vrou sal Maandag in die Willowvale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frans ·

Ook maar goed sy het n mes gebruik !!! waar gaan die mensdom heen ??

Hasie ·

Is dit nou die oplossing, pluk ‘n mes uit en steek die dood? 58 Jaar oud. Ai mamma.

Liewe heksie ·

Geld is n euwel en as jy dit nie het om wyntjies te koop nie dan gaan iemand seerkry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.