ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand na ʼn Wes-Randse hospitaal geneem nadat sy haarself glo buite ʼn winkel in Randfontein aan die brand gesteek het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks Maandag 16:10 buite ʼn winkel in Unionstraat plaasgevind. Die vrou het na bewering vir een of ander rede petrol oor haarself uitgegooi en haarself aan die brand gesteek.
“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het die vrou buite die winkel gesit en was sy deur omstanders omring. Sy is ondersoek en daar is bevind dat sy kritieke brandwonde aan haar gesig en kop opgedoen het,” het Meiring gesê.
Die vrou is op die toneel behandel en pynmedikasie toegedien voordat sy na die Leratong- provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die voorval sal deel vorm van ʼn polisieondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Ek maak net seker. Julle praat van 16:10 en tans is dit 15:45?
Shame sy wou verseker hulp gekry het voor sy dood brand. Lyk my dit is die laaste paar weke die nuwe in ding om moord of selfmood te pleeg.
Dit was erg,ek oor die 2 liter bottel way leeg was nog gery, eers agterna gehoor, dis waar petrol in was!
Erg. Nie vir selfmoord, maar as dan moet – eerder pille of iets – hierdie is ‘n grusame ding om te poog en dan geskend te bly voortleef?? Baie vuur betrokke deesdae in verskeie voorvalle?