Vrou steel glo baba by winkelsentrum

'n Identikit van die vrou wat glo die baba gesteel het.

‘n Identikit van die vrou wat glo die baba gesteel het.

Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn vrou wat glo ʼn een maand oue baba van sy ouma gesteel het by ʼn winkelsentrum in Polokwane.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die ouma was Sondag saam met haar dogter, die baba en twee ander kleinkinders in die Dzanani-winkelkompleks om maatskaplike toelae af te haal.

Die ouma is glo deur ’n onbekende vrou genader wat aangebied het om haar met die baba te help. Die vrou het glo later vir die ouma geld gegee en haar gevra om sap en ʼn appel te gaan koop terwyl sy na die baba kyk.

Volgens Otto het die vrou met die baba verdwyn teen die tyd dat die ouma teruggekeer het. Die vrou wat die baba glo ontvoer het, is beskryf as lank, slank met ʼn donker gelaat. Sy praat Venda en het ʼn blou romp en langmou baadjie aangehad.

Enigiemand met inligting kan ao. Mpfuni kontak by 071 482 8671.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Wanneer gaan diè land se mense wakker word…….???? Gee my krag!!! (Letterlik en figuurlik)

AI ·

Ek verstaan nie hoe kan mens ‘n wildvreemde persoon vertrou wat hulp aanbied en dan maak jy dat die dieselfde persoon vir jou stuur nogal vir ‘n appel.

Hartseer ·

Dit is vir my baie hartseer, want vandag se kinders word nie meer gesteel vir kinderlose mense nie, maar vir moetie. Wat ook so hartseer is, is dat ‘n ouma ‘n wildvreemde persoon met haar kleinkind sal vertrou. Ek vertrou nie eers mense wat ek ken aldag met my kinders nie. Ek hoop maar die baba word ongedeerd gevind. Ek hoop dat Maroela Media ons in hierdie verband sal inlig. Mens lees soms van sulke gevalle en hoor dan nooit weer wat daarvan geword het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.