Vrou steel sowat R17 miljoen by werkgewer

Meer as 1 000 mense word deur die niebetaling van pensioenbydraes geraak. (Foto: Maroela Media / Argieffoto)

ʼn 53-jarige vrou is in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van bedrog van ongeveer R17 miljoen.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Dhayanethi Moodley was tussen 2012 en 2020 die finansiële bestuurder by USS Pactech, ʼn verpakkingsmaatskappy in Bryanston. “Sy het na bewering diensverskaffers se bankbesonderhede gewysig en sowat R17 miljoen deur verskeie transaksies na haar eie rekening oorbetaal.”

Die Valke se ondersoekeenheid het die dossier ontvang vir verdere ondersoek. Moodley het haarself Dinsdag by die Valke se kantoor in Johannesburg oorgegee.

Sy het in die Palm Ridge- gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R20 000. Sy moet op 2 Junie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

Ons menisters het al miljarde gesteel hoekom word hulle nie toe gesluit nie. Die ANC land se regstel is een groot grap. In die land kan jy mos die polisie en regters om koop.

Blikke ·

Net R20 000 borg met soveel geld in haar rekening? Dis n druppel in die emmer gegewe die feite!!

JM ·

“Pay back the money!” Elkeen wat steel dink hy/sy gaan daarmee wegkom. Sluit haar toe.

Louise ·

Sy gaan daarmee WEGKOM, dalk vir n jaar gevonnis wod…
Want sy het seker nie vorige oortredings nie. Baie geld om n goeie prokureur te bekostig.
Lekker man VIVA SA…
Wat van allll die ander skelms. Wanneer word daar soos byvoorbeeld NSFAS ondersoek ingestel en nie eers gepraat van by die Munisipaliteite nie.
Lekker man LEKKER
VIVA SA

Gert ·

As Zuma Kan Weg Kom kan al die geskakeldes wegkom-Zuma regeer nog die hele SA!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.