Vrou sterf, 14 beseer in KZN-botsing

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn Vrou is dood en 14 mense is beseer nadat ʼn minibustaxi Maandag in die vroeë oggendure teen ʼn vragmotor op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied gebots het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die ongeluk omstreeks 03:45 naby Lions River en Howick plaasgevind.

“Die vrou het in die voorste passasiersitplek gesit toe die botsing plaasgevind het. Sy is op slag dood,” het Botha gesê.

Een persoon is kritiek beseer terwyl ses mense ernstig beseer is en sewe mense geringe beserings opgedoen het. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.