Vrou sterf, 15 beseer in JHB-botsing

Die taxi wat in die ongeluk betrokke was. Foto: ER24

Die taxi wat in die ongeluk betrokke was. Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en 15 mense beseer nadat ʼn taxi en ʼn motor Woensdag in Johannesburg se middestad gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het by die kruising van Nugget- en Presidentweg plaasgevind.

Die voertuie het in die kruising gebots, waarna die taxi omgeslaan en op sy kant tot stilstand gekom het. Die motor het teen ʼn winkel se muur tot stilstand gekom.

“ʼn Vrou se liggaam is in die passasierkant van die taxi aangetref. Sy was ongelukkig reeds dood weens die ernstige aard van haar beserings,” het Meiring gesê.

Altesaam 15 mense, van albei voertuie, is op die toneel behandel vir beserings wat strek van matig tot kritiek.

Die pasiënte is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lillian ·

Kyk hoe lyk dit daar … Johannesburg African City … ‘n hool!

En hoekom soveel ongelukke? Want die taxis ry soos hulle wil en niemand gee om nie, Metro sit liewer en kyk hoe als gebeur en vat “footjies” as om die WET toe te pas!

Minder taxis op die paaie = minder ongelukke!

Asjas ·

Volgende week is daai einste Taxi en bestuurder weer terug op die pad nadat hy die Taxi by “back yard mechanic / panelbeater” gehad en en die Metropolisie kyk ander pad! Hoekom? Hoeveel mense gaan nog sterf voordat die Regering besef hulle moet iets doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.