Vrou sterf, 2 mans beseer in botsing

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en twee mans beseer toe ʼn motor Saterdagaand in Carletonville van agter teen ʼn ander motor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van ER24 het saam met die provinsiale nooddienste net voor 23:00 by die toneel aangekom. Daar het hulle een voertuig langs die pad in die veld gevind, terwyl die tweede voertuig in die pad tot stilstand gekom het.

“By nadere ondersoek het paramedici ʼn man en ʼn vrou in die een voertuig gevind, terwyl ʼn tweede man in die ander voertuig was. Al drie pasiënte is uit die voertuie gehaal en ondersoek. Daar is gevind dat die vrou en een van die mans in ʼn kritieke toestand was, terwyl die tweede man matige beserings opgedoen het,” het Meiring gesê.

Hy het gesê al drie beseerdes is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale gehaas. Die vrou het by haar aankoms by die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

IK ·

Ook op ‘Arrive Alive” is dieselfde onvolledig berig. Dit skyn asof daar twee (man en vrou) in die agterste voertuig was en die minder beseerde man in die voorste voertuig. Bly maar kalm op die pad en gebruik daardie buitekantste pedaal aan die regterkant maar spaarsamig. Na 58 jaar op die pad is ek nog heel sonder ongelukke.

Hennie ·

Wyse raad. Dis my raad na paar miljoen ongelukvrye kilometers ook.

Chris Ws ·

Tot iemand van agter af in jou vas jaag soos wat met ons gebeur het.My vrou is gestremd agv die massiewe beserings wat sy in daai botsing opgedoen het.Die skuldige is met ‘n R500 boete oor die vingers getik daarna.Het ons nie sitplek gordels gedra nie was ons albei beslis dood.En ons was onskuldig want ek wou regsdraai en die voertuig bestuurder agter ons het nie opgelet in die klas nie!

Vraagteken ·

Chris, jy mis die punt!!! IK het veralgemeen oor padverbruikers.

Theresa B ·

Die ongelukke op die paaie is darem iets vreesliks. Dit is ook iets wat al hoe erger en erger word. Niemand let meer op in die klas nie (soos Chris Ws genoem het). Hier ry almal oor die rooi verkeersligte. As die lig vir jou groen is beter jy stop. Wanneer die robotte buite werking is – weet NIEMAND van hanteer soos 4-rigting stop nie. Jaag soos besetendes regoor die robot.

bren ·

Spoed en die swak toestand van ons paaie; ja. Vernaamlik daardie paaie; orals is alles in verval.

Koos de Meyer. ·

Dis ons nuwe Suid-Afrika, wetteloos. Korrub want lisensies word gekoop. Pad reëls bestaan nie meer nie. Kyk maar wie veroorsaak die meeste ongelukke.

Blommie ·

Sjoe my hart gaan uit na die mense en so ook na jou Chris.
Dan se mense die lewe is regverdig, die lewe is nie regverdig nie.
Dis hoe mens onregverdige omstandighede hanteer met God in jou kant wat n verskil maak~ Mens is baie gou om te oordeel en te se dit sal nooi met my gebeur want k gehoorsaam die wette nie. Nooit is n baie lank tyd, dis hoekom dit n ongeluk genoem word. Dit is nie altyd spoed en drank nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.