Vrou sterf dae ná skietery in Durban

Paramedici op die toneel. (Foto: Rescue Care)

ʼn Dertigjarige vrou wat verlede week verskeie kere geskiet en vir dood op die M7 by Durban agtergelaat is, het intussen aan haar beserings beswyk.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het vanmiddag aan Maroela Media bevestig dat die vrou Maandag in ʼn hospitaal gesterf het. Die polisie ondersoek nou ʼn saak van moord.

Dít nadat sy Woensdag in die pad in Northdene met verskeie skietwonde aan haar maag, bolyf en arms aangetref is.

Luidens ʼn ooggetuie is die vrou in ʼn onbekende voertuig geskiet waarna die bestuurder haar in die middel van die pad gelos en op die vlug geslaan het.

Die vrou is op die toneel gestabiliseer voordat sy na die Inkosi Albert Luthuli Nkosi-hospitaal in Durban gehaas, waar sy in ʼn trauma-eenheid opgeneem is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Sannie

Wat de vy is n onbekende voertuig?